2016 Top Ten of Polemic for Religion

Samsara
Samsara, is die herhalende siklus van geboorte, lewe en die dood (reïnkarnasie) sowel as ’n mens se optrede en die gevolge daarvan in die verlede hede en toekoms. Dit kom voor in Hindoeïsme, Boeddhisme, Bon, Djainisme, Taoïsme, en Sikhisme
Kindheidsevangelie van Tomas
Die Kindheidsevangelie van Tomas is 'n Nuwe Testamentiese Apokriewe skrif en handel oor goed wat Jesus in sy kinderjare gedoen en gesê het; vanaf sy vyfde tot sy twaalfde jaar. Die skrywer van die boek is onbekend en daar word vermoed dat die boek tussen 150 en 175 n.C. geskryf is. Dit was oorspronklik in Grieks geskryf maar later na dertien ander tale vertaal
Politeïsme
Politeïsme is die teenoorgestelde van monoteïsme – die siening dat daar meer as een god is, byvoorbeeld Hindoes wat ’n songod, maangod, ensovoorts aanbid
Edel Agtvoudige Pad
Die Edel Agtvoudige Pad is een van die primêre leerstellings van Theravada-Boeddhisme. Dit word gebruik om insig in die ware aard van realiteit te kry en om begeertes, gulsigheid, haat en delusie te beëindig. Die Edel Agtvoudige Pad is die vierde van die Boeddha se Vier Edel Waarhede; die eerste element van die pad is weer om die vier waarhede te verstaan. Dit is ook bekend as die Middeweg. Deur dit te volg kan ’n mens ’n arhat word
Strong se Konkordansie
Strong se Uitgebreide Konkordansie van die Bybel, algemeen bekend as Strong se Konkordansie, is ʼn konkordansie van die Koning Jakobus Bybel (KJV) wat saamgestel is onder leiding van Dr. James Strong (1822–1894) en is vir die eerste keer gepubliseer in 1890. Dr. Strong was ʼn Professor in eksegetiese teologie te Drew Teologiese Kweekskool ten tye van die vertaling. Dit is ʼn uitgebreide kruisverwysing van elke woord in die KJV na die woord in die oorspronklike teks
Sjintoïsme
Sjintoïsme is die inheemse geloof van Japan en was vroeër die land se staatsgodsdiens. Dit is 'n soort politeïsme (veelgodery), en behels die aanbidding van Boeddha of kami -geeste. Sommige kami is plaaslik en kan beskou word as die geestelike wese of gees van genie van 'n besondere plek, maar ander verteenwoordig belangrike natuurlike voorwerpe en prosesse: byvoorbeeld, Amaterasu, die Songodin, of die berg Foedji. Sjinto is 'n animistiese geloofstelsel. Die woord Sjinto, van die oorspronklike Chinese
Ou Apostoliese Kerk
Die Ou Apostoliese Kerk is 'n Christelike gemeenskap wat ontstaan het uit die Albury-beweging, wat in 1832 gelei het tot die ontstaan van die Katoliek Apostoliese Kerk, en later die Nuwe Apostoliese Kerk. Die Ou Apostoliese Kerk is deel van 'n groep kerke wat as Irvingisme bekendstaan en glad nie deel van die Protestante kerke nie
Lys van bekende Boeddhas
In die Boeddhavamsa, ’n deel van die Pali-kanon, word die lewe van Gautama Boeddha en die vorige 27 Boeddhas beskryf
Herlewing (Christendom)
Herlewing verwys in die Christelike verband oor die algemeen na 'n tydperk van geestelike vernuwing binne die kerk van Christus. Tekens van herlewing sluit onder meer die massa-bekering van mense tot die Christelike geloof en 'n sedelike herstel van die gedrag, werkinge en uitinge van die gelowige
Gereformeerde kerk Bronkhorstspruit
Die Gereformeerde kerk Bronkhorstspruit is die naasoudste gemeente in die GKSA se Klassis Pretoria-Moot en volgens sieletal einde 2015 die vierde grootste van die 13 kerke in dié klassis. Soos die naam aandui, is die gemeente se middelpunt op die dorp Bronkhorstspruit