2016 Top Ten of Polemic for People

Taylor Swift
Taylor Alison Swift is 'n Amerikaanse country-pop-sangeres en -liedjieskryfster. In 2006 het sy haar gelyknamige debuutalbum vrygestel. Haar tweede album, Fearless, het twee jaar later verskyn en die enkelsnit "Love Story" was die country-lied wat die meeste teen betaling afgelaai is en die eerste country-lied wat die Billboard Mainstream Top 40-ranglys gehaal het. Haar volgende album, "Speak Now", is in 2010 vrygestel. Een van haar liedjies "Today was a Fairytale" is in die fliek "Valentines Day" gebruik
Anne Frank
Anne Frank was 'n Joodse meisie, gebore in Frankfurt am Main in Duitsland. Sy het postuum internasionale bekendheid verwerf met die publikasie van haar dagboek, waarin sy haar ervaringe tydens die Duitse besetting van Nederland tydens die Tweede Wêreldoorlog aangeteken het. Die boek is later tot ’n toneelstuk en rolprent verwerk
Arsène Wenger
Arsène Wenger, OBE, is 'n Franse sokkerbestuurder en voormalige speler. Hy was van 1996–2018 die bestuurder van Arsenal, wat hom die klub se langsdienende bestuurder maak en wie die meeste sukses behaal het in terme van titels gewen. Sokkerkenners gee Wenger krediet vir sy bydrae tot die omkeer van sokker in Engeland in die laat 1990's, weens sy bekendstelling van veranderinge in die afrigtingsmetodes asook dieet van spelers
Abraham Lincoln
Abraham Lincoln ['eɪbrəhæm 'liŋkən] het tussen 1861 en 1865 as 16de President van die Verenigde State van Amerika geregeer
Herbert Hoover
Herbert Clark Hoover was die 31ste President van die Verenigde State (1929–1933). Hoover, wat in 'n Kwakergesin gebore is, het 'n opleiding as mynbouingenieur gevolg. Hoover het tydens die Eerste Wêreldoorlog internasionale bekendheid verwerf met die hulp wat hy aan die bevolking van die oorloggeteisterde België verleen het. Voor en gedurende die oorlog het Hoover as hoof van die Verenigde State se Food Administration gedien
Andrew Jackson
Andrew Jackson was die sewende President van die Verenigde State. Hy was 'n bevelvoerder in die Amerikaanse Weermag tydens die Anglo-Amerikaanse Oorlog van 1812. Tydens sy ampstermyn het Arkansas en Michigan die 25ste en 26ste deelstate van die Verenigde State van Amerika geword
Calvin Coolidge
John Calvin Coolidge, Jr. was die 30ste President van die Verenigde State (1923–1929). Coolidge was 'n boorling van Vermont wat as Republikeinse advokaat 'n suksesvolle politieke loopbaan in die deelstaat Massachusetts gevolg het en eindelik tot goewerneur van dié staat verkies is. Sy optrede tydens die polisiestaking in Boston in 1919 het hom in die nasionale kollig geplaas en hom die reputasie besorg dat hy nie sou skroom om moeilike besluite te neem nie
Harry S. Truman
Harry S. Truman was die 33ste President van die Verenigde State (1945-1953). In sy ampstermyn het die dreigende konflik met die Sowjetunie op die Koue Oorlog uitgeloop
Lionel Messi
Lionel Andrés "Leo" Messi Cuccittini is 'n Argentynse sokkerspeler wat vir die Franse sokkerklub Paris Saint-Germain speel. Die voorspeler het van 2004 tot 2021 vir FC Barcelona se eerste span gespeel. Messi besit naas Argentynse ook Spaanse burgerskap. Sy bynaam is La Pulga wat hy te danke het aan sy kort lengte en spoed. Tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022 wen hy die trofee vir sy land en word as die speler van die toernooi aangewys
Charles de Gaulle
Charles André Joseph Marie de Gaulle was 'n Franse generaal en politikus. Hy was die leier van die Vrye Franse Magte gedurende die Tweede Wêreldoorlog en hoof van die tussentydse regering in 1944-46. Hy is gevra om 'n nuwe regering te stig in 1958. De Gaulle was die inspirasie vir 'n nuwe grondwet en was die Vyfde Republiek se eerste president vanaf 1959 tot 1969