2016 Top Ten of Polemic for Nature

Grond
Grond word verskillend gedefinieer deur verskillende dissiplines, maar bestaan gewoonlik uit min of meer verweerde deeltjies van gesteentes, organiese stowwe, water en lug. ʼn Loodregte deursnee in die grond toon dikwels horisontale lae wat hulle deur kenmerke soos kleur en humus toestand onderskei van ander lae
Elektrolise
Elektrolise is 'n chemiese redoksreaksie waarvolgens saamgestelde stowwe onder die invloed van 'n elektriese stroom opgebreek word tot enkelvoudige stowwe en/of ander saamgestelde stowwe
Roman (vis)
Die roman is 'n vis wat endemies is aan die ooskus vanaf Kaapstad tot by Port St. Johns. Die gemiddelde grootte van die vis is 30 cm, maar kan tot 50 cm lank en 4,2 kg swaar word. Die vis is oranje van kleur met 'n wit streep oor die rug en die kieue van die vis. Die vis staan ook bekend as die rooiroman
Droogte
'n Droogte is 'n periode waartydens daar 'n tekort aan water is. Die hoofoorsaak van droogtes is 'n langdurige gebrek aan neerslag, veral in die vorm van reën, maar in gebiede waar grondwater belangrik is kan veranderinge in die ondergrondse watertafels ook na 'n waterskaarste lei. Droogtes wissel aansienlik in lengte; sommiges duur maande en jare, terwyl natter streke na slegs 'n paar weke sonder reën al 'n droogte kan ondervind. Droogtes kan aansienlike skade aan die ekonomie aanrig, die landbou lamlê
Wetenskaplike notasie
Wetenskaplike notasie is 'n drywende kommanotasie met grondtal 10. Dit is 'n manier om baie groot en klein getalle voor te stel as die aantal heel magte van 10. Die getalle word weergegee in die vorm waar die eksponent b 'n heelgetal is en a enige reële getal is. Die getal wat deur a verteenwoordig word, word die koëffisiënt genoem. Die notasie maak dit maklik om twee getalle met dieselfde aantal syfers voor die desimale punt met mekaar te vergelyk, aangesien die een met die groter eksponent die groter
Wetenskap
Wetenskap verteenwoordig die gesamentlike uitdruklike kennis van die mensdom in terme van feite, verskynsels en wette wat ontwikkel is deur middel van waarneming, eksperimentering en logiese redenering. Vandag word die wetenskaplike metode gesien as die standaardmetode vir wetenskap, wat klem lê op die noukeurige waarneming, eksperimentering, meting, wiskunde en herhaling
Ingenieurswese
Die ingenieurswese is die kreatiewe toepassing van natuurwetenskappe, wiskundige metodes en empiriese bevindinge vir die ontwerp, vervaardiging en bou, bedryf, onderhoud en vernuwing van strukture, masjiene, materiale, toestelle, stelsels, prosesse en organisasies. 'n Persoon wat van ingenieurswese 'n beroep maak word 'n ingenieur genoem. Die ingenieur spits hom/haar toe op ontwerp, analise, en/of konstruksie deur gebruik te maak van aanlering en toepassing van kennis
Wêrelderfenisgebied
'n Unesco-wêrelderfenisgebied is 'n spesifieke plek wat benoem is vir die internasionale wêrelderfenisprogram wat deur Unesco bedryf word
Vel
Die vel is 'n uitwendige orgaan van 'n mens of 'n dier wat die grootste deel van die liggaam bedek. Dit bestaan uit verskeie lae weefsel wat die onderliggende spiere en organe beskerm. Ander take is insolasie, temperatuurbeskerming, sensasie, en die sintese van vitamiene B en D
Sterrebeeld
'n Sterrebeeld is 'n groep sterre wat 'n patroon in die naghemel vorm, maar anders nie in enige verband met mekaar staan nie. Die tradisie om bepaalde beelde in die sterrehemel te sien, bestaan by alle volkere. By die vorming van sterrebeelde is daar soms verbasende ooreenkomste dwarsoor die wêreld