2016 Top Ten of Polemic for Geography

Engels
Engels is 'n Wes-Germaanse taal wat vanuit Engeland ontwikkel het. Dit is die derde mees algemene "eerste" taal, met omtrent 335 miljoen mense in 2002. Engels het lingua franca-status in baie dele van die wêreld, as gevolg van die militêre, ekonomiese, wetenskaplike, politieke en kulturele invloed van die Verenigde Koninkryk en later die Verenigde State. Waar moontlik word omtrent alle studente wêreldwyd verplig om 'n bietjie Engels te leer, en kennis van Engels is feitlik 'n voorvereiste om te kan werk
Sahara
Die Sahara is die wêreld se grootste warm woestyn, meer as 9 000 000 km², of omtrent dieselfde grootte as die Verenigde State. Die Sahara is geleë in Noord-Afrika en is 2,5 miljoen jaar oud. Die naam, Sahara, is 'n westerse uitspraak van die Arabiese woord vir woestyn
Trans-Kalahari-Grootpad
Die Trans-Kalahari-Grootpad is 'n belangrike hoofroete wat Namibië deur Botswana met Suid-Afrika en Mosambiek verbind
Kantabriese See
Die Kantabriese See is die suidelike deel van die Golf van Biskaje, 'n see van die Atlantiese Oseaan aan die noordkus van Spanje, die weskus van Frankryk, aan die voet van die Kantabriese Gebergte en die heel westelike uitlopers van die Pireneë
Seealpe
Die Seealpe is 'n bergreeks in die westelike deel van die Alpe, in die grensgebied tussen Frankryk en Italië. Die Cottiese Alpe sluit in die noorde en die Provensaalse Alpe in die weste by die Seealpe aan. Hulle word in die ooste deur die bergpas Colle di Tenda van die Liguriese Alpe geskei. Uitlopers van die Seealpe strek in die suide tot by die kus van die Middellandse See
Irak
Irak, amptelik die Republiek Irak, is 'n land in die Midde-Ooste en Suidwes-Asië. Irak grens aan Turkye in die noorde, Iran in die ooste, Koeweit in die suidooste, Saoedi-Arabië in die suidweste, en beide Sirië en Jordanië in die weste. Irak het ook 'n baie nou kuslyn aan die Persiese Golf wat strek tussen Iran in die ooste en Koeweit in die suide
Abidjan
Abidjan is die grootste stad en voormalige politieke hoofstad van die Ivoorkus. Dit funksioneer steeds as die regeringsetel en ekonomiese hoofstad, alhoewel Yamoussoukro tans die amptelike hoofstad is. Abidjan is tans die belangrikste hawestad van die land en is geleë aan die Golf van Guinee. Die bevolking van die stad is 'n beraamde 4,4 miljoen en 5,15 miljoen insluitende die hele metropoolse gebied (2020-skatting
Japan Standaardtyd
Japan Standaardtyd of JST is die standaardtydsone van Japan, en is 9 ure voor UTC. As dit byvoorbeeld middernag (00:00) in UTC is, is dit 9 vm (09:00) in Japan Standaardtyd. Japan pas nie somertyd toe nie. Die invoer van somertyd het egter reeds verskeie kere onder bespreking gekom. Japan Standaardtyd is dieselfde as Korea Standaardtyd, Indonesiese Oostelike Standaardtyd en Jakoetsktyd. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog is dit baie keer in Westerse konteks Tokio Standaardtyd genoem
GPS
Die Globale Posisioneringstelsel (GPS) is 'n "konstellasie" van 33 satelliete, wat seine uitstuur wat deur 'n GPS-ontvanger op aarde ontvang kan word. Hierdie inligting word deur die GPS-ontvanger verwerk om die posisie daarvan te bereken
Erelegioen
Die Nasionale Orde van die Erelegioen of Ordre national de la Légion d’honneur is die hoogste orde wat deur die Franse president toegeken kan word en is gestig deur Napoleon Bonaparte op 19 Mei 1802. Die orde se leuse is Honneur et Patrie en die hoofkwartiere is in die Palais de la Legion d’Honneur op die oewer van die Seine-rivier in Parys