2016 Top Ten of Polemic
- Taylor Swift
- Taylor Alison Swift is 'n Amerikaanse country-pop-sangeres en -liedjieskryfster. In 2006 het sy haar gelyknamige debuutalbum vrygestel. Haar tweede album, Fearless, het twee jaar later verskyn en die enkelsnit "Love Story" was die country-lied wat die meeste teen betaling afgelaai is en die eerste country-lied wat die Billboard Mainstream Top 40-ranglys gehaal het. Haar volgende album, "Speak Now", is in 2010 vrygestel. Een van haar liedjies "Today was a Fairytale" is in die fliek "Valentines Day" gebruik
- Kinderarbeid
- Sommige arbeid kan baie voordelig vir 'n kind se ontwikkeling wees. Dit kan 'n kind leer om verantwoordelikheid te aanvaar en dit ontwikkel sekere vaardighede wat hom vir die res van sy lewe tot hulp sal wees
- Facebook
- Facebook is die wêreld se grootste en aktiefste sosiale netwerkwebwerf. Teen Oktober 2012 het dit meer as een miljard gebruikers gehad, en meer as die helfte van hulle gebruik die mobiele weergawe van die webblad. Facebook is in meer as twintig tale beskikbaar, waaronder Afrikaans. Die gebruik van Facebook is gratis. Nadat 'n gebruiker geregistreer is mag hy 'n persoonlike profiel skep, ander mense bevriend en boodskappe uitwissel. Daar is ook 'n reeks toepassings, soos byvoorbeeld speletjies of
- Anne Frank
- Anne Frank was 'n Joodse meisie, gebore in Frankfurt am Main in Duitsland. Sy het postuum internasionale bekendheid verwerf met die publikasie van haar dagboek, waarin sy haar ervaringe tydens die Duitse besetting van Nederland tydens die Tweede Wêreldoorlog aangeteken het. Die boek is later tot ’n toneelstuk en rolprent verwerk
- Standard Bank
- Die Standard Bank van Suid-Afrika Bpk. is een van Suid-Afrika se grootste finansiële dienstegroepe. Dit doen sake in 33 lande ter wêreld, insluitende 17 in Afrika
- Grond
- Grond word verskillend gedefinieer deur verskillende dissiplines, maar bestaan gewoonlik uit min of meer verweerde deeltjies van gesteentes, organiese stowwe, water en lug. ʼn Loodregte deursnee in die grond toon dikwels horisontale lae wat hulle deur kenmerke soos kleur en humus toestand onderskei van ander lae
- Pontius Pilatus
- Pontius Pilatus was die stadhouer van die klein Romeinse provinsie van Judea vanaf 26 tot 36(?) n. C., alhoewel Tacitus geglo het dat hy die prokurator van daardie provinsie was. Volgens die Christelike Evangelies het hy die verhoor van Jesus gelei, en het die opdrag vir sy kruisiging gegee. Sy biografiese besonderhede voor en na sy pos op Judea is onbekend, maar is deur legende verskaf
- Tagtigjarige Oorlog
- Die Tagtigjarige Oorlog is die naam vir 'n opstand en 'n burgeroorlog in die Nederlande (1568-1648), met 'n Twaalfjarige Weerstand in die jare 1609-1621) teen Spanje. In die Heilige Romeinse Ryk het die Dertigjarige Oorlog, vanaf 1618 tot 1648, gelyktydig plaasgevind. Met die Vrede van Münster in 1648 is die Nederlande onafhanklikheid van Spanje en die Heilige Romeinse Ryk ook deur die koning van Spanje en die keiser van die HRR erken
- Arsène Wenger
- Arsène Wenger, OBE, is 'n Franse sokkerbestuurder en voormalige speler. Hy was van 1996–2018 die bestuurder van Arsenal, wat hom die klub se langsdienende bestuurder maak en wie die meeste sukses behaal het in terme van titels gewen. Sokkerkenners gee Wenger krediet vir sy bydrae tot die omkeer van sokker in Engeland in die laat 1990's, weens sy bekendstelling van veranderinge in die afrigtingsmetodes asook dieet van spelers
- Engels
- Engels is 'n Wes-Germaanse taal wat vanuit Engeland ontwikkel het. Dit is die derde mees algemene "eerste" taal, met omtrent 335 miljoen mense in 2002. Engels het lingua franca-status in baie dele van die wêreld, as gevolg van die militêre, ekonomiese, wetenskaplike, politieke en kulturele invloed van die Verenigde Koninkryk en later die Verenigde State. Waar moontlik word omtrent alle studente wêreldwyd verplig om 'n bietjie Engels te leer, en kennis van Engels is feitlik 'n voorvereiste om te kan werk