2016 Top Ten of Conflict for Society
- Kinderarbeid
- Sommige arbeid kan baie voordelig vir 'n kind se ontwikkeling wees. Dit kan 'n kind leer om verantwoordelikheid te aanvaar en dit ontwikkel sekere vaardighede wat hom vir die res van sy lewe tot hulp sal wees
- Intensiewe vorm
- Intensiewe vorme of intensiewe adjektiewe, vroeër bekend as versterkte vorme, is byvoeglike naamwoorde in die versterkende graad. Intensiewe vorme word gebruik om 'n sin trefkrag te gee en die taal op te kikker. 'n Voorbeeld hiervan is brandarm, wat baie arm beteken. In Afrikaans word intensiewe vorme gewoonlik vas geskryf, met enkele uitsonderings, byvoorbeeld wawyd oop en nugter wakker
- Sielkunde
- Sielkunde oftewel psigologie is die studie van die innerlike lewe en gedrag. Algemene psigologie bestudeer die normale, volwasse mens; terwyl besondere psigologie die abnormale, onvolwasse mens bestudeer. Alhoewel die sielkunde dikwels beskou word as 'n wetenskap waarvan Sigmund Freud die stigter was, kan 'n mens dit verder terug in die geskiedenis vind in die debatte tussen filosowe soos John Locke en Immanuel Kant
- Geld
- Geld is 'n simboliese voorstelling van waarde. Iets besit slegs waarde as 'n mens dit vir 'n doel kan aanwend wat hom bevoordeel. Byvoorbeeld, volgens Maslow se behoeftehiërargie is die behoefte vir voedsel en beskerming primêr. Dit wil sê in sulke omstandighede van oorlewing het goud geen waarde nie, want dit kan geen voedsel of beskerming aan die mense voorsien nie. Voedsel, klere en skuiling sal dit wees waarna die mens soek. Die vraag is, hoe het "geld" die simbool vir waarde geword
- Bruto binnelandse produk
- 'n Gebied se Bruto binnelandse produk of BBP, is een van die meganismes waarmee die grootte van die ekonomie daarvan gemeet kan word. Die BBP van 'n land word gedefinieer as die algehele markwaarde van al die finale goedere en dienste wat binne 'n land geproduseer word in 'n gegewe tydperk, gewoonlik 'n kalenderjaar. Dit word ook beskou as die som van waarde toegevoeg in elke produksiestadium van al die finale produkte en dienste wat oor 'n gegewe tydperk binne 'n land geproduseer word
- Solidariteit
- Solidariteit is 'n vakbond wat namens hul lede in die werkplek onderhandel en poog om werkers se regte te beskerm. Hoewel die vakbond dikwels betrokke is by sake van politieke belang, verbind Solidariteit homself nie aan enige politieke party nie
- Verenigde Nasies
- Die Verenigde Nasies, of VN, is 'n internasionale organisasie wat 193 lidlande behels. Amper alle internasionaal-erkende lande is lede. Daar is twee waarnemers van die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies wat nie lid is van die Algemene Vergadering nie: die Heilige Stoel en die Staat Palestina
- Publieke domein
- Publieke domein of openbare besit is 'n benaming vir sagteware, tekste, beelde en oudiowerke wat geheel en al van outeursregte vrygestel is. Enige persoon kan dus met 'n werk wat onder die publieke domein val, doen wat hy wil sonder enige grense. 'n Werk kan in die publieke domein kom wanneer die outeursreg verval het. 'n Werk val outomaties onder outeursreg, selfs al meld die outeur dit nie
- Basotho
- Die Suid-Sotho-nasie of Basoeto's is 'n etniese groep wat reeds sedert ongeveer die 15de eeu in Suider-Afrika leef
- Standard Bank
- Die Standard Bank van Suid-Afrika Bpk. is een van Suid-Afrika se grootste finansiële dienstegroepe. Dit doen sake in 33 lande ter wêreld, insluitende 17 in Afrika