2016 Top Ten of Conflict for Philosophy
- Jin en jang
- Jin en jang stel die skeppende krag in die heelal voor wat altyd volkome gebalanseerd moet wees sodat kosmiese energievloei kan plaasvind. Jin is die vroulike of negatiewe pool wat swart, koud en stadig is. Jang is die manlike of positiewe pool wat wit, warm en vinnig is. Die jin-en-jang-simbool dui daarop dat jin voortdurend verander in jang, en jang verander weer voortdurend in jin. Hierdie dubbelsinnige lewensbeskouing van jin en jang vorm die basis van die Chinese filosofie wat vervat is in die boek
- Kommunisme
- Kommunisme verwys na 'n klaslose stelsel van politieke en ekonomiese organisering, ingevolge waarvan eiendom en die produksiemiddele deur die staat besit word en alle burgers deel in die gesamentlike rykdom deur te produseer na hul vermoë en te neem volgens hul behoeftes
- Neurenberg-verhore
- Die Neurenberg-verhore was 'n reeks militêre tribunale wat deur die Geallieerde Magte van die Tweede Wêreldoorlog ingestel is. Die verhore het veral internasionale aandag getrek weens die vervolging van die leidende figure in die politieke, militêre, en ekonomiese leierskap van Nazi-Duitsland. Hulle was almal op een of ander manier betrokke by die beplanning en die uitvoering van die Sjoa (Holocaust) en ander oorlogsmisdade. Die verhore is in die Duitse stad, Neurenberg gehou. Die eerste, en die
- Maatskaplike verantwoordelikheid
- Maatskaplike verantwoordelikheid is 'n etiese raamwerk wat impliseer dat 'n entiteit, of dit 'n organisasie of 'n individu is, 'n verpligting het om tot voordeel vir die samelewing oor die algemeen op te tree. Maatskaplike verantwoordelikheid is elke individu se taak sodat 'n balans tussen die ekonomie en ekosisteme gehandhaaf word. 'n Kompromis mag tussen ekonomiese ontwikkeling, in materiële opsig, en die welsyn van die samelewing en die omgewing bestaan, alhoewel dit deur baie verslae oor die
- Filosofie
- Filosofie of wysbegeerte is 'n vakgebied wat die kennis van, en insig in 'n verskeidenheid fundamentele sake najaag, soos byvoorbeeld realiteit, kennis, betekenis, waarde, bestaan en waarheid. In omgangstaal word die term filosofie baie keer gebruik om te dui op 'n ingesteldheid, uitgangspunt of lewensbeskouing. Hierdie artikel handel eerder oor filosofie as 'n akademiese vakgebied
- Monargie
- Monargie is 'n regeringstelsel of staatsvorm waar die staatshoof gebruiklik lewenslang 'n posisie beklee. Die posisie is gewoonlik oorerflik, dit wil sê dat opvolgers aan dieselfde familie behoort. Voorbeelde van lande wat 'n monargiese stelsel het is die Verenigde Koninkryk, België, Nederland, Japan, Lesotho, eSwatini, Australië, Kanada, Nieu-Seeland en vele andere
- Vryedenke
- Vryedenke is 'n eienskap van indiwidue wat hul opinies vorm op die basis van hoe hulle 'n onderwerp verstaan en nie op die voorskrifte van tradisie, gesag of gevestigde menings of geloof nie. Die definisie is veral van toepassing op die verwerping van godsdienstige dogma
- Libertynisme
- Libertynisme is 'n politiese filosofie wat individuele regte en 'n beperkte regering voorstaan. Libertyne glo dat individue vry moet wees om enigiets te doen soos hulle goed dink, solank as dit wat hulle doen nie inbreuk maak op die gelyke regte van ander nie. In hierdie verband stem hulle saam met baie ander moderne politieke ideologieë. Die verskil kom voor in die definisie van "regte". Vir libertyne bestaan daar geen "positiewe regte" nie, slegs "negatiewe regte". Libertyne glo verder dat die enigste
- Republiek
- 'n Republiek, in die mees basiese sin, is 'n staat waarin soewereiniteit uiteindelik vanaf die mense afkomstig is, eerder as vanuit 'n oorerflike of ander beginsel
- Demokrasie
- Demokrasie is 'n regeringsvorm gekenmerk deur gereelde en vrye verkiesings waaraan meer as een party kan deelneem, verskanste burgerregte en vrye media. Die woord het sy oorsprong uit die Griekse δημοκρατíα, wat bestaan uit δημος, κρατειν en die agtervoegsel íα. Dit beteken dus "regering deur die mense