2016 Top Ten of Conflict for People
- Donald Trump
- Donald John Trump is ’n Amerikaanse sakemagnaat wat as die 45ste President van die Verenigde State van Amerika gedien het. Hy was die Republikeinse Party se kandidaat en het sy Demokratiese teenstander Hillary Clinton op 8 November 2016 in die Amerikaanse presidentsverkiesing verslaan, hoewel hy minder stemme as sy op hom verenig het. Hy is op 20 Januarie 2017 as die 45ste president beëdig. Op 20 Januarie 2021 is hy deur die Demokraat Joe Biden opgevolg, wat hom in die Amerikaanse presidentsverkiesing
- Lionel Messi
- Lionel Andrés "Leo" Messi Cuccittini is 'n Argentynse sokkerspeler wat vir die Franse sokkerklub Paris Saint-Germain speel. Die voorspeler het van 2004 tot 2021 vir FC Barcelona se eerste span gespeel. Messi besit naas Argentynse ook Spaanse burgerskap. Sy bynaam is La Pulga wat hy te danke het aan sy kort lengte en spoed. Tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022 wen hy die trofee vir sy land en word as die speler van die toernooi aangewys
- Taylor Swift
- Taylor Alison Swift is 'n Amerikaanse country-pop-sangeres en -liedjieskryfster. In 2006 het sy haar gelyknamige debuutalbum vrygestel. Haar tweede album, Fearless, het twee jaar later verskyn en die enkelsnit "Love Story" was die country-lied wat die meeste teen betaling afgelaai is en die eerste country-lied wat die Billboard Mainstream Top 40-ranglys gehaal het. Haar volgende album, "Speak Now", is in 2010 vrygestel. Een van haar liedjies "Today was a Fairytale" is in die fliek "Valentines Day" gebruik
- Justin Bieber
- Justin Drew Bieber is 'n Kanadese pop- en R&B-sanger. Bieber se ouers het video's van hom op YouTube gelaai, waar hy deur sy uiteindelike bestuurder Scooter Braun ontdek is. Braun het gereël dat Bieber met Usher in Atlanta, Georgia in die VSA moes ontmoet, waarna Bieber spoedig 'n kontrak met Raymond Braun Media Group (RBMG) aangebied is. Daarna het hy 'n opneemkontrak met Island Records losgeslaan
- Anne Frank
- Anne Frank was 'n Joodse meisie, gebore in Frankfurt am Main in Duitsland. Sy het postuum internasionale bekendheid verwerf met die publikasie van haar dagboek, waarin sy haar ervaringe tydens die Duitse besetting van Nederland tydens die Tweede Wêreldoorlog aangeteken het. Die boek is later tot ’n toneelstuk en rolprent verwerk
- Jacob Zuma
- Jacob Gedleyihlekisa Zuma (GCB) was die vierde President van Suid-Afrika, voormalige president van die regerende politieke party, die African National Congress sowel as 'n voormalige Adjunkpresident van Suid-Afrika
- Hendrik Gerhardus Stoker
- Hendrik Gerhardus Stoker (1899–1993) was 'n Calvinistiese filosoof. Hy is bekend daarvoor dat hy 'n eie wysgerige stelsel Wysbegeerte van die Skeppingsidee (1933) daargestel het. Johan Heyns het in "Denkers deur die eeue" Stoker as die grootste filosoof beskou wat Afrika opgelewer het
- Lys van Suid-Afrikaanse musikante
- Hier volg ’n alfabetiese lys van bekende of andersinds noemenswaardige Suid-Afrikaanse musikante
- Leonardo da Vinci
- Leonardo di ser Piero da Vinci was 'n Italiaanse veelweter: 'n wetenskaplike, wiskundige, ingenieur, ontleedkundige, uitvinder, skilder, beeldhouer, argitek, tuinkundige, musikant en skrywer. Hy is gebore in Vinci, 'n dorp in Florence, as die buite-egtelike seun van 'n notaris, Piero da Vinci, en 'n plattelandse meisie, Caterina. Hy het opleiding ontvang in die ateljee van die bekende Florentynse skilder Verrocchio. 'n Groot gedeelte van sy vroeë werkende lewe was in die diens van Ludovico il Moro, in
- Isaac Asimov
- Isaac Asimov was 'n Amerikaanse skrywer en biochemikus. Hy was 'n baie suksesvolle en produktiewe skrywer van wetenskapsfiksie sowel as van populêre wetenskaplike boeke vir die breë publiek. Hy het ongeveer 500 publikasies gedurende sy leeftyd gepubliseer. Sy aanhangers verwys steeds na hom as The Good Doctor. Isaac Asimov word beskou as deel van wetenskapsfiksie se Groot Drie skrywers van die twintigste eeu. Die ander twee skrywers is Robert Heinlein en Arthur C. Clarke