2016 Top Ten of Conflict for Nature
- Droogte
- 'n Droogte is 'n periode waartydens daar 'n tekort aan water is. Die hoofoorsaak van droogtes is 'n langdurige gebrek aan neerslag, veral in die vorm van reën, maar in gebiede waar grondwater belangrik is kan veranderinge in die ondergrondse watertafels ook na 'n waterskaarste lei. Droogtes wissel aansienlik in lengte; sommiges duur maande en jare, terwyl natter streke na slegs 'n paar weke sonder reën al 'n droogte kan ondervind. Droogtes kan aansienlike skade aan die ekonomie aanrig, die landbou lamlê
- Dagga
- Dagga is 'n geharde struikagtige plant wat byna oral kan groei. Dit kom voor in streke met 'n warm, vogtige klimaat, soos die Transkei en KwaZulu-Natal. Dagga sluit 3 spesies in: Cannabis sativa, Cannabis indica en Cannabis ruderalis. Hierdie 3 daggaspesies is inheems aan Sentraal-Asië en Suid-Asië. Dagga is vir dekades gebruik vir vesel, saad, saadolie, rekreasie en ook vir medisinale doeleindes
- Roman (vis)
- Die roman is 'n vis wat endemies is aan die ooskus vanaf Kaapstad tot by Port St. Johns. Die gemiddelde grootte van die vis is 30 cm, maar kan tot 50 cm lank en 4,2 kg swaar word. Die vis is oranje van kleur met 'n wit streep oor die rug en die kieue van die vis. Die vis staan ook bekend as die rooiroman
- Windmeul
- 'n Windmeul is 'n tipe masjien wat deur wind aangedryf word. Daar is twee soorte windmeulens: dié met 'n vertikale as, en dié met 'n horisontale as; elk waarvan daar twee subsoorte is, naamlik: windmeulens wat vir landbou bedoel is, en windmeulens vir kragopwekking. Windmeulens wat windenergie in meganiese energie omsit word soms na verwys as aërogenerators, moontlik om verwarring te voorkom. Meulens met 'n vertikale as draai soos spinwiele in die wind en kan deur wind uit enige rigting aangedryf word
- MIV
- Die Menslike Immuniteitsgebreksvirus is die virus wat Vigs veroorsaak
- Atlantiese Oseaan
- Die Atlantiese Oseaan is die wêreld se tweede grootste oseaan. Dit beslaan ongeveer een vyfde van die aarde se oppervlakte en lê tussen die ooskus van Noord- en Suid-Amerika en die weskus van Europa en Afrika. Die oseaan se naam, van Griekse mitologie verleen, beteken "See van Atlas
- Wolf
- Die wolf is 'n soogdier wat soortgelyk is aan sekere hondesoorte omdat wolwe sowel as honde tot die canidae-familie behoort. Wolwe lewe meestal in groepe, waarin hulle weer familie-eenhede het. Dit is die grootste hondagtige roofdier van die familie Canidae wat in die natuur voorkom. Hoewel die wolf vroeër talryk was in Noord-Amerika en Eurasië, kom hy nou binne ’n kleiner gedeelte van sy voormalige grondgebied voor weens die wydverspreide habitatvernietiging, die mens se indringing van sy habitat
- Vals-engelsman
- Die Vals-engelsman is 'n vis wat endemies aan Suid-Afrika is en voorkom van Richardsbaai tot by Oos-Londen. In Engels staan die vis bekend as die False englishman seabream
- Elektrolise
- Elektrolise is 'n chemiese redoksreaksie waarvolgens saamgestelde stowwe onder die invloed van 'n elektriese stroom opgebreek word tot enkelvoudige stowwe en/of ander saamgestelde stowwe
- Grond
- Grond word verskillend gedefinieer deur verskillende dissiplines, maar bestaan gewoonlik uit min of meer verweerde deeltjies van gesteentes, organiese stowwe, water en lug. ʼn Loodregte deursnee in die grond toon dikwels horisontale lae wat hulle deur kenmerke soos kleur en humus toestand onderskei van ander lae