2016 Top Ten of Conflict for Health

Pampoentjies
Pampoentjies, is 'n hoogs aansteeklike siekte van die parotisklier (speekselklier) voor en onder die oor. Dit kan groot komplikasies tot gevolg hê. Pampoentjies word veroorsaak deur die pampoentjies-virus. Aanvanklike tekens en simptome sluit dikwels koors, spierpyn, hoofpyn, swak aptyt en algemene ongesteldheid in
Tand
'n Tand is 'n klein, verkalkte, wit struktuur wat in die kake van baie gewerweldes voorkom en gebruik word om kos af te breek. Sommige diere, veral roofdiere, gebruik ook tande vir jag of vir verdedigingsdoeleindes. Die wortels van die tande word deur tandvleis bedek. Tande is nie van been gemaak nie, maar eerder van verskeie weefsels van verskillende digtheid en hardheid. 'n belangrike stof is die mineraal hidroksielapatiet. Die sellulêre weefsel wat uiteindelik tande vorm is afkomstig uit die
Tuberkulose
Tuberkulose, ook genoem TB, phthisis, en tering, is 'n algemene en dodelike infektiewe siekte. Dit is verantwoordelik vir ongeveer 2–3 miljoen sterftes per jaar uit ongeveer 9–10 miljoen gevalle en kom veral voor in onderontwikkelde, tropiese lande
Ejakulasie
Ejakulasie is die proses van die uitspuit van semen vanuit die penis. Dit gaan gewoonlik gepaard met ’n orgasme, wat weer teweeggebring word deur seksuele prikkeling. Seksuele prikkeling lei egter nie altyd tot ejakulasie nie. Ejakulasie kan ook voorkom gedurende die vinnigeoogbewegingsfase van slaap vanweë seksuele drome. Andersins gebeur dit soms tydens die massering van die prostaat. In skaars gevalle kan dit die gevolg van ’n siektetoestand van die prostaat wees. Ejakulasie word meestal
Hematologie
Hematologie is die bestudering van bloedkomponente: Wit bloedselle, Rooi bloedselle en plaatjies. Mediese laboratoriums spesialiseer in die sellulêre abnormaliteite sowel as die navorsing van verwante studierigtings
Ebola
Ebola of Ebola hemorragiese koors is 'n ernstige menslike siekte wat deur die ebolavirus veroorsaak word. Die siekte veroorsaak 'n hoë sterftesyfer en daar is geen spesifieke behandeling of medisyne teen die virus beskikbaar nie. Die siekte is skaars en kom tipies in die vorm van plaaslike uitbrekings in lande in Sentraal-Afrika voor. Die naam ebola kom van die gelyknamige rivier in die Kongo waar 'n uitbraak in 1976 plaasgevind en ebola vir die eerste keer erken en bewys is
Seropositiwiteit
In serologie verwys seropositiwiteit na 'n toestand waar teenliggaampies teenoor 'n sekere antistof in die serum van 'n pasiënt aantoonbaar is
Aspergersindroom
Aspergersindroom is 'n steuring binne die outismespektrum. Dit word hoofsaaklik gekenmerk deur 'n verminderde vermoë om met ander mense te kommunikeer of om ander mense se nie-verbale seine raak te sien
EMedicine
eMedicine is ’n aanlyn kliniese mediese databasis wat in 1996 begin is deur twee geneeshere, Scott Plantz en Richard Lavely. Die webtuiste kan deursoek word met ’n sleutelwoord en bevat sowat 6 800 artikels, wat elkeen verbind word met een van 62 kliniese handleidings. Artikels word elke jaar bygewerk en die data word in die artikel gepubliseer
Koorsblaar
'n Koorsblaar of herpes labialis is 'n simptoom van infeksie deur die herpesvirus, meestal Tipe 1 oftewel HSV-1