2016 Top Ten of Conflict for Geography

Malta
Malta, amptelik die Republiek Malta, is 'n klein Suid-Europese eilandnasie sentraal geleë in die Middellandse See, 80 km suid van Sisilië, 284 km oos van Tunisië en 333 km noord van Libië, met Gibraltar 1 755 km na die weste en Alexandrië 1 508 km na die oostekant
Duitsland
Duitsland, amptelik die Bondsrepubliek Duitsland, is in die sentrum van Europa geleë en vervul in baie opsigte 'n brugfunksie tussen Wes-Europa en die lande van Sentraal- en Oos-Europa
Oekraïners
Die Oekraïners is 'n Oos-Slawiese volk van sowat 45 miljoen mense inheems aan Oekraïne. Hulle is die sesde grootste volk in Europa. Die meeste Oekraïners is Oekraïens-Ortodokse of ongebonde. Oekraïners vorm die titulêre nasie van Oekraïne, waar hulle 77,5% van dié land se bevolking vorm. Naas Oekraïners leef nog sowat 8,3 miljoen Russe in Oekraïne, veral in die ooste en suide
Suid-Afrika
Suid-Afrika, amptelik die Republiek van Suid-Afrika, is 'n republiek aan die suidpunt van Afrika. Dit grens in die noorde aan Namibië, Botswana en Zimbabwe, en in die noordooste aan Mosambiek en Eswatini. Lesotho vorm 'n enklawe binne die grense van Suid-Afrika
Sahara
Die Sahara is die wêreld se grootste warm woestyn, meer as 9 000 000 km², of omtrent dieselfde grootte as die Verenigde State. Die Sahara is geleë in Noord-Afrika en is 2,5 miljoen jaar oud. Die naam, Sahara, is 'n westerse uitspraak van die Arabiese woord vir woestyn
Kaapstad
Kaapstad is saam met Pretoria en Bloemfontein een van die drie hoofstede van die Republiek van Suid-Afrika en setel van die parlement. Dit is ook die administratiewe en parlementêre hoofstad van die Wes-Kaap en die tweede grootste stad in Suid-Afrika na Johannesburg. Die Kaapstad Internasionale Lughawe is die tweede grootste lughawe in die land na Johannesburg–O.R. Tambo
Engels
Engels is 'n Wes-Germaanse taal wat vanuit Engeland ontwikkel het. Dit is die derde mees algemene "eerste" taal, met omtrent 335 miljoen mense in 2002. Engels het lingua franca-status in baie dele van die wêreld, as gevolg van die militêre, ekonomiese, wetenskaplike, politieke en kulturele invloed van die Verenigde Koninkryk en later die Verenigde State. Waar moontlik word omtrent alle studente wêreldwyd verplig om 'n bietjie Engels te leer, en kennis van Engels is feitlik 'n voorvereiste om te kan werk
Vulkaan
'n Vulkaan is 'n skeuring in die kors van 'n planeet soos die Aarde wat toelaat dat warm lawa, vulkaniese as en gasse uit 'n magmakamer onder die oppervlak ontsnap
Londen
Londen is die hoofstad en grootste stad van Engeland en die Verenigde Koninkryk. Die stad, wat aan die Teemsrivier in die suidooste van Engeland geleë is, is in 50 n.C. deur die Romeine as Londinium gestig en het in die 19de eeu tot die grootste metropool ter wêreld gegroei. As hoofstad van die Britse Ryk het Londen tot enkele dekades gelede 'n beduidende rol as middelpunt van 'n wêreldryk gespeel waaroor "die son nooit ondergaan nie" en fungeer tans nog steeds as die hoofstad van die Britse Statebond
New York
New York of Nieu-York, amptelik City of New York, geleë in die deelstaat New York, is die stad met die grootste bevolking in die Verenigde State. Dit is ook die mees dig bevolkte van die groter stede in Noord-Amerika