2016 Top Ten of Conflict for Culture
- Pornografie
- Pornografie, wat soms verkort word tot porn of porno, is in sy breedste omskrywing die eksplisiete voorstelling van die menslike liggaam of seks met die doel om die kyker seksueel te stimuleer of prikkel
- Britse Museum
- Die Britse Museum is ’n beroemde gebou in Londen wat ’n groot en belangrike versameling antieke kuns, geskrifte, muntstukke, sketse, en so meer huisves. Dit is in 1753 as die eerste openbare nasionale museum ter wêreld gestig en het sy deure in 1759 vir belangstellende besoekers geopen. Van die begin af het die museum gratis toegang tot sy versamelings gebied. In sy beginjaar het die Britse Museum, wat oorspronklik in Montagu House in die Londense stadsdeel Bloomsbury gehuisves is, net 71 000
- Fugu
- Fugu is die Japanse naam vir Blaasoppe, Tobies en Blaasvisse en vir 'n fynproewers gereg wat daarmee voorberei word. Die sjefs in Japan word spesiaal opgelei om die gereg te kan voorberei; hulle moet leer hoe om seker te maak dat daar geen gif in die vleis agterbly nie. Slegs restaurante wat oor die sjefs beskik mag Fugu verkoop. Desondanks sterf daar nogtans 'n paar mense as gevolg van die gif van die visse per jaar in Japan
- Skots
- Skots is die algemene naam wat na die Germaanse taal van Skotland verwys wat tradisioneel hoofsaaklik in dié land se laerliggende dele gebesig word. Dit word soms ook beskou as 'n Engelse dialek. Skots moet nie verwar word met Skots-Gaelies nie, 'n selfstandige Keltiese taal wat vroeër veral in die Skotse Hoogland gepraat is en nou verwant is aan Iers
- Seksposisie
- Seksposisies is posisies wat mense inneem tydens of vir die doel van seksuele omgang of ander seksuele aktiwiteite. Dit word gewoonlik genoem na die posisie wat die deelnemers inneem vir die seksdaad. Hoewel seks gewoonlik die penetrasie van een persoon se liggaam deur ’n ander persoon behels, of die direkte stimulasie van die een se geslagsorgaan deur die ander, is dit nie altyd die geval nie
- Spoegwolf
- Spoegwolf is 'n Afrikaanse musiekgroep van die Paarl, Suid-Afrika wat in Februarie 2012 gestig is. Die groep bestaan uit Moskou du Toit, Chris von Wielligh, Albert van der Merwe en Danie du Toit. Van hulle treffers is Loerie, Lenie Blou, Bittermaan en Somerset-Wes. Spoegwolf het geskiedenis gemaak deur die eerste Afrikaanse musiekgroep te wees om die nommer een plek op die Apple Music treffersparade in Suid-Afrika te beklee
- Rugby
- Rugby, soms ook rugbyunie of vyftienrugby genoem, is ’n volkontakbal- en spansport, wat in die eerste helfte van die 19de eeu in Engeland ontstaan het. Dit is genoem na sy ontstaanplek, die Rugby-skool in die dorp Rugby. Dit is saam met Rugby League een van twee hoofvariante in die rugbyfamilie. ’n Wedstryd word uitgespeel tussen twee spanne met 15 spelers elk, wat op ’n reghoekige veld probeer om in 80 minute meer punte as hul opponent aan te teken. Spelers speel met ’n eiervormige bal wat hulle
- Arabies
- Arabies is die taal van die Arabiere, wat ook die hooftaal in Noord-Afrika, die Midde-Ooste en die Horing van Afrika is. Dit is 'n Semitiese taal wat deur 242 miljoen mense as hulle moedertaal beskou word en deur vele meer as ampstaal en/of liturgiese taal aangewend word. Dit word as sesde werkstaal van die Verenigde Nasies erken. Arabies is die amptelike taal van 28 lande, die derde meeste naas Engels en Frans. Daarbenewens is dit 'n belangrike minderheidstaal in lande soos Iran en Turkye. Arabies word in
- Ensiklopedie
- 'n Ensiklopedie is 'n geskrewe versameling van menslike kennis.
Die term kom van die Griekse woorde εγκύκλιος παιδεία, enkyklios paideia
- Amharies
- Amharies is na Arabies die belangrikste Semitiese taal wat deur sowat 22 miljoen mense gepraat word. Dit is die tweede mees verspreide taal van Ethiopië na Oromo. Daar is ook Amharies-sprekende minderhede in Eritrea en Israel. Amharies word deur die Amhare gepraat en het sy eie alfabet waarin dié taal se naam as አማርኛ geskryf word. Amharies is nou verwant aan Tigrinya en Tigre, al drie het uit die antieke taal Ge'ez ontwikkel. Sedert 2020 dien Amharies saam met Afar, Engels, Oromo, Somalies en