2015 Top Ten of Polemic for Technology

Elektriese weerstand en konduktansie
Die elektriese weerstand van 'n voorwerp is 'n maatstaf van die teenstand of verset teen die deurlating van 'n bestendige elektriese stroom. 'n Voorwerp met 'n uniforme deursnee het 'n weerstand direk eweredig aan sy lengte en omgekeerd eweredig aan die deursnee-area, en direk eweredig aan die resistiwiteit van die materiaal. Die wedersydse van elektriese weerstand is elektriese konduktansie of elektriese geleidingsvermoë
MediaWiki
MediaWiki is 'n sagtewareprogram waarmee 'n wiki-tipe webwerf mee opgestel kan word. Wikipedia en sy Wikimedia susterprojek loop ook op die vrye sagteware
WhatsApp
WhatsApp is 'n kitsboodskapdiens vir slimfone en uitgesoekte funksieselfone wat van die internet gebruik maak vir kommunikasie. Benewens kort teksboodskappe (SMS'e), kan gebruikers beelde, videogrepe en klankboodskappe aan mekaar stuur, sowel as hul plek aandui met behulp van die geïntegreerde karteringsfunksies
Zeppelin
'n Zeppelin is 'n stywe langwerpige en sigaarvormige lugskip bestaande uit 'n ligte raamwerk van aluminium wat met sakke gevul is wat 'n ligte gas bevat. Dit is vernoem na die groot lugskippionier, graaf Ferdinand von Zeppelin
Ford Fiesta
Die Ford Fiesta is 'n superminimotor wat sedert 1976 deur die Ford Motormaatskappy vervaardig word, en is nou in sy sewende geslag. Die Fiesta word in Europa, Brasilië, Argentinië, Meksiko, Venezuela, China, Indië, Taiwan, Thailand en Suid-Afrika vervaardig
Programmeertaal
'n Programmeertaal is 'n sistematiese metode waarmee mense berekenings kan beskryf vir mense of rekenaars. Programmeertale bestaan omdat ander vorme van uitdrukking, soos natuurlike tale, nie baie geskik is om berekening mee te beskryf nie. Berekeninge wat in programmeertale uitgedruk word, word programme genoem en die opstel van 'n program word programmering genoem
Data
Data verwys na gegewens, wat byvoorbeeld mates, waarnemings en veranderlikes insluit. Data-elemente kan bestaan uit getalle, woorde of beelde
Vertalerkonstruksie
'n Vertaler is 'n rekenaarprogram wat 'n ander rekenaarprogram vertaal vanaf 'n bronformaat na 'n teikenformaat. Vertalers word gewoonlik gebruik om 'n uitvoerbare program te skep vanaf 'n bronlêer wat in een of ander programmeertaal geskryf is. Vertalerkonstruksie is die afdeling van rekenaarwetenskap wat vertalers en interpreteerders bestudeer
Tegnologie
Tegnologie is die som van tegnieke, vaardighede, - metodes, en - prosesse wat gebruik word in die produksie van goedere of dienste of in die vervulling van die doelwitte, soos wetenskaplike ondersoek. Tegnologie kan die kennis wees van tegnieke en prosesse, of dit kan deel wees van masjiene. Stelsels is die toepassing van tegnologie deur die neem van 'n inset, en om dit te verander en te vervaardig, en dan sodoende uitkoms te verkry, dit staan as tegnologiese stelsels bekend
Pentium 4
Die Pentium 4 is 'n sewende-generasie x86-argitektuur mikroverwerker deur Intel, die eerste totaal nuwe SVE-ontwerp sedert die Pentium Pro van 1995