2015 Top Ten of Polemic for People

Robin Williams
Robin McLaurin Williams was 'n Oscar-bekroonde Amerikaanse akteur en komediant. Hy was veral bekend vir sy rol in Good Morning Vietnam (1987), Dead Poets Society (1989) en Good Will Hunting (1997). Hy het in 1997 'n Oscar vir sy ondersteunende rol in Good Will Hunting ontvang
John F. Kennedy
John Fitzgerald Kennedy, afgekort JFK, was van 20 Januarie 1961 tot sy sluipmoord op 22 November 1963 die 35ste president van die Verenigde State van Amerika. Ná Abraham Lincoln (1865), James Garfield (1881) en William McKinley (1901) is hy die vierde Amerikaanse president, wat vermoor is. Hy was die jongste president van die VSA wat in die amp oorlede is. Daarbenewens was hy die eerste Amerikaanse president van Rooms-Katolieke geloof
Justin Bieber
Justin Drew Bieber is 'n Kanadese pop- en R&B-sanger. Bieber se ouers het video's van hom op YouTube gelaai, waar hy deur sy uiteindelike bestuurder Scooter Braun ontdek is. Braun het gereël dat Bieber met Usher in Atlanta, Georgia in die VSA moes ontmoet, waarna Bieber spoedig 'n kontrak met Raymond Braun Media Group (RBMG) aangebied is. Daarna het hy 'n opneemkontrak met Island Records losgeslaan
Alex Heyns
Alexander Jacobus (Alex) Heyns was 'n Suid-Afrikaanse akteur. Hy was veral bekend vir sy rol as Boet Fasie in 'Nommer Asseblief'. Heyns is op 14 November 1988 in Pretoria aan longkanker oorlede
Demi Lovato
Demetria Devonne Lovato is 'n Amerikaanse aktrise en sangeres-liedjieskryfster. Sy is die bekendste vir haar rolle as Mitchie Torres in die Disney-kanaal Oorspronklike Rolprent Camp Rock en Sonny Monroe in Sonny With A Chance. Buiten rolspel is sy ook 'n solomusiekkunstenaar en het sy haar debuutalbum Don't Forget op 23 September 2008 vrygestel. Die album het by nommertwee op die Billboard-200-trefferlys gedebuteer en het meer as 89 000 kopieë in die eerste week verkoop. Lovato het haar tweede album
James Kennedy
James Carleton Kennedy is 'n Amerikaanse geskiedkundige
Piet Retief
Pieter Mauritz Retief, beter bekend as Piet Retief, was 'n Voortrekkerleier wat op 12 November 1780 op die plaas Welvanpas naby Wellington, in die destydse Kaapkolonie, gebore is
Kim Jong-oen
Kim Jong-oen is die leier van Noord-Korea se Kommunistiese Party en die land self. Hy beklee sedert Desember 2011 die titel van Hoogste Leier van Noord-Korea nadat sy vader, Kim Jong-il, op 17 Desember 2011 gesterf het. Sy oorlede oupa, Kim Il-sung, was die eerste leier van Noord-Korea
Adriaan Hofmeyr
Ds. Adriaan (Attie) Jacobus Louw Hofmeyr was ’n geliefde maar omstrede predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk, bekend as een van die Kerk se welsprekendste en boeiendste leraars asook ’n politieke agitator. In sy meer as halfeeu lange dog onderbroke dienstyd as predikant het hy net vier gemeentes bedien, naamlik van 1881 agtereenvolgens Willowmore, Prins Albert en tot 1899 Wynberg, en daarna eers weer van 1928 tot 1933 Kuruman. Vandat hy dus in 1881 in sy eerste gemeente ontvang is totdat hy
Djengis Khan
Djengis Khan, gebore as Temoedjin of Temüjin , was die stigter, khan (heerser) en khagan (keiser) van die Mongoolse Ryk, wat ná Djengis se dood die grootste aaneenlopende ryk in die wêreld se geskiedenis geword het