2015 Top Ten of Polemic for Nature
- Reënboog
- 'n Reënboog is 'n boog van gekleurde lig wat ontstaan wanneer die son teen 'n waterdruppel skyn en die wit lig dan deur middel van ligbreking in die volledige kleurspektrum opgebreek word. Die middelpunt van die reënboog staan reg teenoor die son en die boog het 'n straal van ongeveer 42°. Die kleure van die reënboog is, van buite na binne, rooi, oranje, geel, groen, blou, indigo en violet
- Vagina
- Die vagina of skede is die benaming vir die inwendige dele van die geslagsorgaan wat by vroulike diere en die mens die baarmoeder met die buitekant van die liggaam verbind. Die uitwendige deel word vulva genoem
- Lipied
- 'n Lipied is 'n tipe molekule wat nuttig is in biologie. Vette bestaan ook uit lipiedmolekules. Lipiede is olierig of vetterig en bronne kan gevind word in alge, sade, vleis, kaas, botter en vis. Lipiede is lang kettings van koolstof- en waterstofmolekules en word as eenvoudig of kompleks geklassifiseer. Voorbeelde van komplekse molekules is steroïede en fosfolipiede
- Broers Grimm
- Jacob Grimm (1785-1863) en sy broer Wilhelm (1786-1859) was Duitse taal- en letterkundiges wat 'n lewe lank saamgewerk en in die hele Westerse wêreld bekend geword het met twee versamelings van volkssprokies wat tradisioneel mondeling oorgelewer is. Danksy hulle versamelwerk is sprokies soos Sneeuwitjie en Hansie en Grietjie vir die eerste skriftelik gedokumenteer. Die broers het hierdie versamelwerk as 'n stokperdjie gedoen en nooit verwag om daarmee kommersiële sukses te behaal nie
- Dione (maan)
- Dione is een van die planeet Saturnus se natuurlike satelliete en is ontdek deur die sterrekundige Giovanni Cassini op 21 Maart 1684, saam met Tethis. Die maan is vernoem na Dione, een van die Titane in die Griekse mitologie
- Vleiland
- 'n Vleiland is 'n gebied wat met water versadig is, hetsy permanent of seisoenaal, sodanig dat dit 'n duidelik identifiseerbare ekosisteem vorm. Vleilande word van ander landvorme onderskei deur die unieke grondeienskappe en plantegroei. Vleilande lok gewoonlik 'n groot aantal voëls, amfibieë en ander roofdiere
- Long
- Die long is 'n orgaan wat deel uitmaak van die asemhalingstelsel en koppelvlak met die bloedsomloopstelsel vir gewerwelde diere wat lug inasem. Die funksie daarvan is om suurstof vanuit die lug met koolstofdioksied in die bloed te ruil. Die proses wat hier plaasvind word respirasie of asemhaling genoem. Die meganisme waarvolgens longe respirasie moontlik maak word diffusie genoem. Daar is ook nie-respiratoriese funksie van die longe. Mediese terme wat verband hou met die longe begin gewoonlik met pulmo
- Lys van chemiese elemente volgens atoomgetal
- Hier volg 'n lys van chemiese elemente volgens getal
- Paradysvlieëvanger
- Die paradysvlieëvanger is 'n kleurryke vlieëvanger wat wydverspreid in Suidelike Afrika voorkom, behalwe in hoërliggende en droër dele
- Spoed van klank
- Die spoed van klank varieer afhangende van die medium waardeur die klankgolwe beweeg. Dit word gewoonlik aangehaal wanneer die eienskappe van stowwe bespreek word