2015 Top Ten of Polemic for Mathematics

Natuurlike getal
Natuurlike getalle is 'n versameling van getalle in wiskunde wat vir tel en rangskikking gebruik word. Sommige bronne definieer die natuurlike getalle as die versameling van nie-negatiewe heelgetalle 0, 1, 2, 3, …, terwyl ander bronne dit as die versameling van positiewe heelgetalle 1, 2, 3, … definieer. Selfs ander bronne verskaf beide definisies; onderskeid word dan tussen die twee definisies getref deur middel van notasie, byvoorbeeld ℕ0 vir die nie-negatiewe heelgetalle en ℕ+ vir die positiewe
Polinoom
In Wiskunde is 'n polinoom 'n uitdrukking wat saamgestel word uit een of meer veranderlikes en konstantes deur gebruik te maak van optel, aftrek, vermenigvuldiging en konstante positiewe heelgetaleksponente. is 'n voorbeeld van 'n polinoom, maar is nie omdat dit deling met 'n veranderlike insluit en 'n eksponent bevat wat nie 'n positiewe heelgetal bevat nie
Vierkante meter
Vierkante meter of kwadraatmeter is 'n SI eenheid vir oppervlak. Dit word gedefinieer as die oppervlakte van 'n vierkant met sye wat elk een meter lank is. Dit is 'n afgeleide SI-eenheid, en is gelyk aan:0.000 001 vierkante kilometer (km2) 10,000 vierkante sentimeters (cm2) 0.000 1 hektaar (ha) 0.000 247 105 381 akker 10.763 911 vierkante voet 1,550.003 1 vierkante
Arbeid
In fisika is arbeid soos die naam aandui die kwantifisering van die werk wat gedoen word, of die inspanning wat deur 'n kragbron gelewer word om 'n voorwerp te verplaas. As die kragbron 'n konstante krag F lewer om 'n voorwerp oor 'n afstand s te verplaas in die rigting van die krag, dan is die arbeid W die produk van die krag en die afgelegde afstand: W = F·s
Afgeleide
In die wiskunde en veral die differensiaalrekening is die afgeleide van 'n funksie by 'n punt die helling van die raaklyn aan die grafiek van die funksie op die punt. Die woord 'afgeleide' is hier om die waarheid te sê 'n afgekorte term vir die begrip 'afgeleide waarde'. Dit is 'n waarde wat afgelei is uit die oorspronklike funksie. Bepaling van die afgeleide van 'n funksie word differensieer genoem
Vektorruimte
'n Vektorruimte is 'n wiskundige struktuur wat uit 'n versameling vektore bestaan, die vektore synde voorwerpe wat bymekaar gevoeg kan word (vektoraddisie) en deur skalare vermenigvuldig kan word (skalaarvermenigvuldiging). Vektorvermenigvuldigings kan op 'n vektorruimte gedefinieer word, en sommige definisies bemoontlik die meet van lengtes en hoeke in die ruimte. Die skalare betrokke by skalaarvermenigvuldiging kan reële getalle, komplekse getalle, rasionale getalle of die elemente van enige arbitrêre
Mate
Mate of meting is die toewysing van 'n getal aan 'n kenmerk van 'n voorwerp of gebeurtenis, wat vergelyk kan word met ander voorwerpe of gebeure. Meetinstrumente word baie keer gebruik, en mates word uitgedruk as 'n hoeveelheid in 'n sekere eenheid. Die SI-eenhede word veral baie gebruik
Maand
'n Maand was oorspronklik gebaseer op die tyd wat die maan neem om 'n siklus van fases te voltooi. Die kalender- of burgerlike maand het vir praktiese redes 'n heelgetal aantal dae. Daarom kan die maande nie almal eweveel dae hê nie
Kwaternioon
'n Kwaternioon is 'n hiperkomplekse getal wat bestaan uit vier dele. Dit is 'n uitbreiding van komplekse getalle sonder die eienskap van kommutatiwiteit. Hulle is eerste beskryf in 1843 deur Sir William Rowan Hamilton en toegepas in drie-dimensionele meganika. Aanvanklik is kwaternione gesien as problematies aangesien dit nie voldoen het aan die kommutatiewe wet nie, dit wil sê, . Alhoewel hul gebruik in meeste velde vervang is met vektore, word dit steeds gebruik in teoretiese en toegepaste wiskunde
Getal
'n Getal is 'n aantal of hoeveelheid wat in 'n syfer, of 'n reeks daarvan, uitgedruk word. Getalle kan ook in woorde uitgedruk word, soos een, twee, drie,.... Getalle word gebruik om mee te tel en om somme mee uit te werk