2015 Top Ten of Polemic for Health
- Knie
- Die knie is 'n gewrig in die vorm van 'n skarnierverbinding in die menslike been wat die skeenbeen en kuitbeen met die dybeen verbind. Hierdie verbinding word aan die voorkant deur die knieskyf (patella) beskerm
- Tand
- 'n Tand is 'n klein, verkalkte, wit struktuur wat in die kake van baie gewerweldes voorkom en gebruik word om kos af te breek. Sommige diere, veral roofdiere, gebruik ook tande vir jag of vir verdedigingsdoeleindes. Die wortels van die tande word deur tandvleis bedek. Tande is nie van been gemaak nie, maar eerder van verskeie weefsels van verskillende digtheid en hardheid. 'n belangrike stof is die mineraal hidroksielapatiet. Die sellulêre weefsel wat uiteindelik tande vorm is afkomstig uit die
- Stres
- Stres is 'n geestes- en fisiologiese toestand waarin die wisselwerkinge tussen 'n mens en sy omgewing daartoe lei dat 'n indiwidu 'n gewaarwording ervaar dat daar 'n wanverhouding is, hetsy werklik aldan nie, tussen die eise van 'n situasie en die vermoë van die persoon se biologiese, sielkundige of sosiale stelsels om dit te hanteer. In geneeskundige terme, is stres die ontwrigting van homeostase deur fisiese of sielkundige prikkels. Stresvolle prikkels kan verstandelike, fisiologiese, anatomiese of
- Gordelroos
- Gordelroos of herpes zoster, is 'n siekte waar die geïnfekteerde persoon 'n groepering van rooi blasies op die vel kry. Dit neem die vorm van 'n band of gordel oor die liggaam aan, derhalwe die naam gordelroos
- Poliomiëlitis
- Poliomiëlitis, ook kinderverlamming of kortweg polio genoem, is 'n gevaarlike en hoogsaansteeklike siekte. Die siekte het al baie kinders in die geskiedenis geaffekteer. Dit kom egter nie meer algemeen voor nie. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie het polio, sedert immunisasie in 1955 beskikbaar geword het, met 99% afgeneem
- Sakdoek
- 'n Sakdoek is 'n klein lapdoek, tipies 'n omsoomde vierkantige dun stof wat (opgevou) in die broeksak of beursie gedra kan word. Dit word gebruik vir persoonlike higiëne bv. om sweet van 'n mens se hande of gesig af te vee, of om 'n mens se neus in te blaas. 'n Sakdoek word soms ook as 'n suiwer dekoratiewe item in die bo-sak van 'n pak klere gedra
- Cholera
- Cholera is 'n infeksie van die dunderm deur die bakterie Vibrio cholerae. Daar is verskillende vibrio-bakterieë, waarvan die meeste die ingewande aantas. V. cholerae veroorsaak egter epidemiese cholera. Die kiem produseer 'n gifstof, 'n enterotoksien, wat veroorsaak dat die dunderm groot hoeveelhede vloeistowwe, soute en minerale afskei, wat dan aanleiding gee tot waterige diarree. In sommige pasiënte is die simptome minder ernstig, maar in ernstige gevalle veroorsaak cholera lewensbedreigende
- Waterpokkies
- Waterpokkies is 'n aansteeklike kindersiekte en word deur 'n virus veroorsaak. Een aanval besorg met enkele uitsonderings lewenslange immuniteit
- Suikersiekte
- Diabetes mellitus is 'n metaboliese afwyking wat gekenmerk word deur hiperglukemie. Dit word suikersiekte in die volksmond genoem, maar daar kan deur die gebruik hiervan verkeerde afleidings gemaak word. Twee sulke afleidings sluit in dat mens die siekte opdoen deur te veel suiker in te neem, en tweedens dat mens geen suiker mag inneem as mens die siekte onder lede het nie
- Geneeskunde
- Geneeskunde is die vakgebied toegespits op die bestudering van die sel-, weefsel- en orgaansisteme, asook die patologiese manifestasies. Sekondêr – sielkunde en psigiatrie. Daar word gestreef na die herstelling van die mens na 'n gesonde toestand d.m.v. diagnose, prognose en voorkoming