2015 Top Ten of Polemic for Geography

Lys van nedersettings in die Verenigde State van Amerika
Hierdie is 'n lys van nedersettings in die Verenigde State van Amerika
Suidelike Shetlandeilande
Die Suidelike Shetlandeilande is 'n eilandgroep naby die Antarktiese Skiereiland tussen die Suidelike Atlantiese Oseaan in die noorde en die Suidelike Oseaan in die suidooste. Die Suidelike Shetlandeilande is in die suidooste van Suid-Amerika tussen die Drakedeurgang in die noordweste, die Scotiasee in die noordooste en die Weddellsee in die suidooste geleë. In die noordweste is Vuurland met Kaap Hoorn, in die noorde die Falkland-eilande en in die noordooste Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande
Karibiese gebied
Die Karibiese gebied is 'n streek in die westelike tropiese deel van die Atlantiese Oseaan, noord van die ewenaar. Dit bestaan uit die Karibiese See en die Wes-Indiese Eilande. Die Karibiese gebied is genoem na die volk van die Karibe, wat die Spaanse conquistadores op die Klein Antille ontdek het. Die gebied beslaan 'n oppervlakte van 2 754 000 km² en 'n bevolking van 39 169 962. Die Karibiese gebied behoort tot Noord-Amerika; net die eilande van Colombia en Venezuela asook die drie Guyana's word as
Persiese Golf
Die Persiese Golf is 'n golf in die Midde-Ooste, wat aan Irak, Iran, Oman, Verenigde Arabiese Emirate, Katar, Bahrein, Saoedi-Arabië en Koeweit grens. Die oppervlakte daarvan is ongeveer 251 000 km². Die belangrikste riviere wat in die golf uitmond is die Eufraat en die Tigris en die grootste stede is Koeweit, Doebai en Aboe Dhabi. Die Golf is deur die Straat van Hormuz en die Golf van Oman met die Arabiese See en die Indiese Oseaan verbind. Dié golf is 'n belangrike roete van ruolie-transport
Sint Maarten
Sint Maarten, nieamptelik Sint-Maarten, behels die suidelike deel van die eiland Sint Maartin in Noord-Amerika, terwyl die noordelike deel die Franse oorsese gebied Saint-Martin vorm. Tot in 2010 het Sint Maarten deel uitgemaak van die Nederlandse Antille, maar dié eiland het op 10 Oktober 2010 'n outonome land binne die Koninkryk van die Nederlande geword
Zeeland
Zeeland is een van die 12 provinsies van Nederland en is in die suidweste geleë. Die provinsie het 'n bevolking van 385 000 in 2021 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 2 934 km² met 'n bevolkingsdigtheid van 130 per km². Die hoofstad en grootste stad is Middelburg. Die land Nieu-Seeland is ná Zeeland genoem
Millennium Park (Chicago)
Millennium Park is 'n nuwe vername burgersentrum in Chicago en een van die stad se belangrike bakens langs die oewer van die Michiganmeer. Die projek maak deel uit van burgemeester Richard M. Daley se ambisieuse idee om Daniel Burnham se oorspronklike Chicago-plan uit die jaar 1909 te verwesenlik
Drie koninkryke van Korea
Die Drie Koninkryke van Korea was die koninkryke van Goguryeo, Baekje en Silla, wat die Koreaanse skiereiland en Mantsjoerye in beslag geneem het, tussen die eerste eeu v.C. en 7e eeu n.C. Ander kleiner koninkryke en stamstate het voor en gedurende die Drie Koninkryke-periode bestaan, insluitend Gaya, Dongye, Okjeo, Buyeo, Usan, Tamna, ens
Frans-Soedan
Frans-Soedan was 'n kolonie in Frans-Wes-Afrika wat twee verskillende bestaansperiodes gehad het, die eerste keer van 1890 tot 1899, en toe weer van 1920 tot 1958, toe die gebied die onafhanklike nasie Mali word
Newfoundland
Newfoundland is 'n eiland in die Atlantiese Oseaan aan die noordooskus van Noord-Amerika. Dit behoort aan die Kanadese provinsie Newfoundland en Labrador. Newfoundland word deur die Straat van Belle Eiland van die Labrador-skiereiland geskei, en vanaf Kaap-Breton-eiland deur die Cabot Straat. Die eiland het 'n oppervlakte van 108 860 km² en is die tuiste van ongeveer 468 000 inwoners (2021