2015 Top Ten of Polemic for Culture
- Gregoriaanse kalender
- Die Gregoriaanse kalender, wat tans regoor die Westerse wêreld gebruik word, is 'n wysiging van die Juliaanse kalender. Dit is die eerste keer voorgestel deur die Napelse dokter Aloysius Lilius, en is op 24 Februarie 1582 deurgevoer deur pous Gregorius XIII
- Irannese tale
- Die Irannese tale is 'n subfamilie van die Indo-Irannese tale binne die Indo-Europese taalfamilie, saam met die Indo-Ariese tale en die Nuristani-tale, en word veral deur Irannese volke gepraat. Daar is altesaam sowat vyftig Nieu-Irannese tale met sowat 150 miljoen moedertaalsprekers, terwyl tussen 30 en 50 miljoen sprekers 'n Irannese taal as tweede of derde taal praat. Die grootste tale is: Persies, Pasjtoe, Koerdies, Dari, Tadjiks, Beloetsji, Luri, Zazaki, Gilaki en Mazanderani. Van die ander tale sluit
- Bloukraanvoël
- Die bloukraanvoël is 'n skaars, endemiese, bedreigde standvoël en is ook Suid-Afrika se nasionale voël
- Handbal
- Handbal is 'n spansport waar twee spanne van sewe spelers elk die bal in die opponente se doelgebied probeer ingooi. Die veld is 40 meter lang by 20 meter breed met 'n doelgebied van 2 by 3 meter aan beide kante van die veld. Die doelgebied is soortgelyk, maar kleiner as die wat tydens sokkerwedstryde gebruik word. Maar anders as sokker, word die bal met die hande eerder as die voete hanteer
- Mikrofoon
- 'n Mikrofoon is 'n elektromagnetiese onderdeel wat geluid in 'n elektriese sein omskakel sodat die klank vir versterking plaaslik en/of elders weergegee kan word, asook om 'n geluidsopname mee te maak
- Pornografie
- Pornografie, wat soms verkort word tot porn of porno, is in sy breedste omskrywing die eksplisiete voorstelling van die menslike liggaam of seks met die doel om die kyker seksueel te stimuleer of prikkel
- Masturbasie
- Masturbasie is die praktyk van selfbevrediging deur die seksuele organe met die hand te stimuleer
- Wapen (heraldiek)
- Heraldiek of wapenkunde is van die studie van die ontstaan, ontwikkeling en betekenis van familie- en ander wapens, byvoorbeeld die van stede, lande en provinsies. Dit behels ook die studie van die wapenreg en die juiste manier van blasoenering van wapens. Die moderne heraldiek het sy oorsprong in die 12e eeu. Amptelike heraldiese instellings bestaan al eeue lank en in Suid-Afrika het die Buro vir Heraldiek in 1963 tot stand gekom
- Wikipedia
- Wikipedia is 'n veeltalige "kopielinkse" ensiklopedie ontwerp om deur enigiemand gelees, verbeter en uitgebrei te word. Dit berus op samewerkende verandering en onderhoud deur duisende gebruikers deur middel van wiki-sagteware, en word verskaf en ondersteun deur die nie-winsgewende Wikimedia-stigting. Waarnemers beskou die tweeledige bestuur, waarin 'n informele gemeenskap van aktiewe gebruikers die gesag oor 'n globale digitale projek met 'n stigting deel en sodoende formele met informele
- Hardloop
- Hardloop is die vinnigste manier van voortbeweging vir diere met bene, insluitende mense