2015 Top Ten of Polemic
- Robin Williams
- Robin McLaurin Williams was 'n Oscar-bekroonde Amerikaanse akteur en komediant. Hy was veral bekend vir sy rol in Good Morning Vietnam (1987), Dead Poets Society (1989) en Good Will Hunting (1997). Hy het in 1997 'n Oscar vir sy ondersteunende rol in Good Will Hunting ontvang
- Elektriese weerstand en konduktansie
- Die elektriese weerstand van 'n voorwerp is 'n maatstaf van die teenstand of verset teen die deurlating van 'n bestendige elektriese stroom. 'n Voorwerp met 'n uniforme deursnee het 'n weerstand direk eweredig aan sy lengte en omgekeerd eweredig aan die deursnee-area, en direk eweredig aan die resistiwiteit van die materiaal. Die wedersydse van elektriese weerstand is elektriese konduktansie of elektriese geleidingsvermoë
- John F. Kennedy
- John Fitzgerald Kennedy, afgekort JFK, was van 20 Januarie 1961 tot sy sluipmoord op 22 November 1963 die 35ste president van die Verenigde State van Amerika. Ná Abraham Lincoln (1865), James Garfield (1881) en William McKinley (1901) is hy die vierde Amerikaanse president, wat vermoor is. Hy was die jongste president van die VSA wat in die amp oorlede is. Daarbenewens was hy die eerste Amerikaanse president van Rooms-Katolieke geloof
- Kind
- 'n Kind is 'n jong persoon wat nog nie volwassenheid bereik het nie, of 'n persoon wat nog nie puberteit bereik het nie. 'n Babatjie wat nog nie gebore is nie word soms al 'n kind genoem. Iemand kan ook sy/haar ouers se kind genoem word, ongeag van hoe oud die persoon is
- MediaWiki
- MediaWiki is 'n sagtewareprogram waarmee 'n wiki-tipe webwerf mee opgestel kan word.
Wikipedia en sy Wikimedia susterprojek loop ook op die vrye sagteware
- Reënboog
- 'n Reënboog is 'n boog van gekleurde lig wat ontstaan wanneer die son teen 'n waterdruppel skyn en die wit lig dan deur middel van ligbreking in die volledige kleurspektrum opgebreek word. Die middelpunt van die reënboog staan reg teenoor die son en die boog het 'n straal van ongeveer 42°. Die kleure van die reënboog is, van buite na binne, rooi, oranje, geel, groen, blou, indigo en violet
- Gregoriaanse kalender
- Die Gregoriaanse kalender, wat tans regoor die Westerse wêreld gebruik word, is 'n wysiging van die Juliaanse kalender. Dit is die eerste keer voorgestel deur die Napelse dokter Aloysius Lilius, en is op 24 Februarie 1582 deurgevoer deur pous Gregorius XIII
- WhatsApp
- WhatsApp is 'n kitsboodskapdiens vir slimfone en uitgesoekte funksieselfone wat van die internet gebruik maak vir kommunikasie. Benewens kort teksboodskappe (SMS'e), kan gebruikers beelde, videogrepe en klankboodskappe aan mekaar stuur, sowel as hul plek aandui met behulp van die geïntegreerde karteringsfunksies
- Vagina
- Die vagina of skede is die benaming vir die inwendige dele van die geslagsorgaan wat by vroulike diere en die mens die baarmoeder met die buitekant van die liggaam verbind. Die uitwendige deel word vulva genoem
- Justin Bieber
- Justin Drew Bieber is 'n Kanadese pop- en R&B-sanger. Bieber se ouers het video's van hom op YouTube gelaai, waar hy deur sy uiteindelike bestuurder Scooter Braun ontdek is. Braun het gereël dat Bieber met Usher in Atlanta, Georgia in die VSA moes ontmoet, waarna Bieber spoedig 'n kontrak met Raymond Braun Media Group (RBMG) aangebied is. Daarna het hy 'n opneemkontrak met Island Records losgeslaan