2015 Top Ten of Conflict for Technology
- WhatsApp
- WhatsApp is 'n kitsboodskapdiens vir slimfone en uitgesoekte funksieselfone wat van die internet gebruik maak vir kommunikasie. Benewens kort teksboodskappe (SMS'e), kan gebruikers beelde, videogrepe en klankboodskappe aan mekaar stuur, sowel as hul plek aandui met behulp van die geïntegreerde karteringsfunksies
- Elektriese weerstand en konduktansie
- Die elektriese weerstand van 'n voorwerp is 'n maatstaf van die teenstand of verset teen die deurlating van 'n bestendige elektriese stroom. 'n Voorwerp met 'n uniforme deursnee het 'n weerstand direk eweredig aan sy lengte en omgekeerd eweredig aan die deursnee-area, en direk eweredig aan die resistiwiteit van die materiaal. Die wedersydse van elektriese weerstand is elektriese konduktansie of elektriese geleidingsvermoë
- MediaWiki
- MediaWiki is 'n sagtewareprogram waarmee 'n wiki-tipe webwerf mee opgestel kan word.
Wikipedia en sy Wikimedia susterprojek loop ook op die vrye sagteware
- Zeppelin
- 'n Zeppelin is 'n stywe langwerpige en sigaarvormige lugskip bestaande uit 'n ligte raamwerk van aluminium wat met sakke gevul is wat 'n ligte gas bevat. Dit is vernoem na die groot lugskippionier, graaf Ferdinand von Zeppelin
- Ford Fiesta
- Die Ford Fiesta is 'n superminimotor wat sedert 1976 deur die Ford Motormaatskappy vervaardig word, en is nou in sy sewende geslag. Die Fiesta word in Europa, Brasilië, Argentinië, Meksiko, Venezuela, China, Indië, Taiwan, Thailand en Suid-Afrika vervaardig
- RMS Titanic
- Die RMS Titanic was 'n passasierskip wat deur die Britse skeepsmaatskappy White Star Line besit is en op die Harland and Wolff-skeepswerf in Belfast (Ierland) gebou is. Dit was die grootste passasierstoomskip ter wêreld ten tyde van sy tewaterlating. Die bouers van die skip het gehoop dat dit die transatlantiese skeepsvaartbedryf sou domineer. Edward Smith was die kaptein van die skip tydens die ramp
- MacOS
- macOS, voorheen bekend as Mac OS X en OS X, is 'n bedryfstelsel vir tafel- en skootrekenaars van die Kaliforniese harde- en sagteware-onderneming Apple Inc.. Mac OS X is in 2001 vrygestel, eerder as Mac OS X, 10.0. Die nuutste weergawe van die bedryfstelsel is macOS 10.15 as opvolger van macOS Mojave. Nog in 2020 word die vrystelling van macOS Big Sur verwag, genoem na 'n Kaliforniese kusstreek. Die nuwe bedryfstelsel sal as macOS 11 bekendstaan en beteken dat Apple ná byna twee dekades van macOS10 na 11
- Tegnologie
- Tegnologie is die som van tegnieke, vaardighede, - metodes, en - prosesse wat gebruik word in die produksie van goedere of dienste of in die vervulling van die doelwitte, soos wetenskaplike ondersoek. Tegnologie kan die kennis wees van tegnieke en prosesse, of dit kan deel wees van masjiene. Stelsels is die toepassing van tegnologie deur die neem van 'n inset, en om dit te verander en te vervaardig, en dan sodoende uitkoms te verkry, dit staan as tegnologiese stelsels bekend
- Pentium 4
- Die Pentium 4 is 'n sewende-generasie x86-argitektuur mikroverwerker deur Intel, die eerste totaal nuwe SVE-ontwerp sedert die Pentium Pro van 1995
- Programmeertaal
- 'n Programmeertaal is 'n sistematiese metode waarmee mense berekenings kan beskryf vir mense of rekenaars. Programmeertale bestaan omdat ander vorme van uitdrukking, soos natuurlike tale, nie baie geskik is om berekening mee te beskryf nie. Berekeninge wat in programmeertale uitgedruk word, word programme genoem en die opstel van 'n program word programmering genoem