2015 Top Ten of Conflict for Philosophy
- Kennisleer
- Kennisleer is 'n vertakking van die filosofie en behels die studie van die teorie van die oorsprong, die aard, die metodes en die grense van kennis. Dit hou verband met die beginsels waarvolgens onderskei kan word tussen dit wat waar en onwaar is, en dui ook die moontlike grense aan vir ons vermoë om te dink, waar te neem, en te verstaan. Dit word dikwels gekontrasteer met ontologie
- Metafisika
- Metafisika is die tak van filosofie wat die fundamentele aard van die werklikheid ondersoek, insluitend die verhouding tussen verstand en materie, tussen substansie en attribuut, en tussen potensiaal en aktualiteit. Die woord "metafisika" kom van twee Griekse woorde wat saam letterlik "na of agter of onder [die bestudering van] die natuurlike" beteken. Daar word voorgestel dat die term moontlik geskep is deur 'n redakteur uit die eerste eeu wat verskillende klein keurings van Aristoteles se werke
- Holisme
- Holisme is die idee dat al die eienskappe van 'n gegewe stelsel nie in terme van die onderliggende komponente alleen verduidelik kan word nie. Die stelsel as 'n geheel bepaal eerder op 'n belangrike wyse hoe die dele hulle gedra. Die algemene begrip van holisme is deur Aristoteles in die Metafisika opgesom: "Die geheel is meer as die som van sy onderdele" (1045a10
- Filosofie
- Filosofie of wysbegeerte is 'n vakgebied wat die kennis van, en insig in 'n verskeidenheid fundamentele sake najaag, soos byvoorbeeld realiteit, kennis, betekenis, waarde, bestaan en waarheid. In omgangstaal word die term filosofie baie keer gebruik om te dui op 'n ingesteldheid, uitgangspunt of lewensbeskouing. Hierdie artikel handel eerder oor filosofie as 'n akademiese vakgebied
- Demokrasie
- Demokrasie is 'n regeringsvorm gekenmerk deur gereelde en vrye verkiesings waaraan meer as een party kan deelneem, verskanste burgerregte en vrye media. Die woord het sy oorsprong uit die Griekse δημοκρατíα, wat bestaan uit δημος, κρατειν en die agtervoegsel íα. Dit beteken dus "regering deur die mense
- Libertynisme
- Libertynisme is 'n politiese filosofie wat individuele regte en 'n beperkte regering voorstaan. Libertyne glo dat individue vry moet wees om enigiets te doen soos hulle goed dink, solank as dit wat hulle doen nie inbreuk maak op die gelyke regte van ander nie. In hierdie verband stem hulle saam met baie ander moderne politieke ideologieë. Die verskil kom voor in die definisie van "regte". Vir libertyne bestaan daar geen "positiewe regte" nie, slegs "negatiewe regte". Libertyne glo verder dat die enigste
- Vryedenke
- Vryedenke is 'n eienskap van indiwidue wat hul opinies vorm op die basis van hoe hulle 'n onderwerp verstaan en nie op die voorskrifte van tradisie, gesag of gevestigde menings of geloof nie. Die definisie is veral van toepassing op die verwerping van godsdienstige dogma
- Monargie
- Monargie is 'n regeringstelsel of staatsvorm waar die staatshoof gebruiklik lewenslang 'n posisie beklee. Die posisie is gewoonlik oorerflik, dit wil sê dat opvolgers aan dieselfde familie behoort. Voorbeelde van lande wat 'n monargiese stelsel het is die Verenigde Koninkryk, België, Nederland, Japan, Lesotho, eSwatini, Australië, Kanada, Nieu-Seeland en vele andere
- Yijing
- Die Yijing, of Boek van veranderinge, is van Chinese oorsprong en het 'n drastiese invloed op die Chinese kulturele geskiedenis gehad. Die meer korrekte vertaling van "verandering" is "probleme", oftewel "ontwrigtende verandering". Die boek help iemand om in balans met die natuur te kom deur 'n verandering te bestuur. In teenstelling met hedendaagse boeke is die Yijing nie 'n boek wat van voor tot agter gelees kan word nie. Dit word beskou as verteenwoordigend van 'n wysgeer waarmee daar in gesprek getree
- Republiek
- 'n Republiek, in die mees basiese sin, is 'n staat waarin soewereiniteit uiteindelik vanaf die mense afkomstig is, eerder as vanuit 'n oorerflike of ander beginsel