2015 Top Ten of Conflict for People
- Justin Bieber
- Justin Drew Bieber is 'n Kanadese pop- en R&B-sanger. Bieber se ouers het video's van hom op YouTube gelaai, waar hy deur sy uiteindelike bestuurder Scooter Braun ontdek is. Braun het gereël dat Bieber met Usher in Atlanta, Georgia in die VSA moes ontmoet, waarna Bieber spoedig 'n kontrak met Raymond Braun Media Group (RBMG) aangebied is. Daarna het hy 'n opneemkontrak met Island Records losgeslaan
- Joachim Gauck
- Joachim Gauck het tussen Maart 2012 en Maart 2017 as die elfde federale president van Duitsland gedien. As Evangelies-Lutherse pastoor, partylose politikus en publisis het hy 'n belangrike bydrae tot die politieke proses van Duitse hereniging in 1990 gespeel
- Kim Jong-oen
- Kim Jong-oen is die leier van Noord-Korea se Kommunistiese Party en die land self. Hy beklee sedert Desember 2011 die titel van Hoogste Leier van Noord-Korea nadat sy vader, Kim Jong-il, op 17 Desember 2011 gesterf het. Sy oorlede oupa, Kim Il-sung, was die eerste leier van Noord-Korea
- Robin Williams
- Robin McLaurin Williams was 'n Oscar-bekroonde Amerikaanse akteur en komediant. Hy was veral bekend vir sy rol in Good Morning Vietnam (1987), Dead Poets Society (1989) en Good Will Hunting (1997). Hy het in 1997 'n Oscar vir sy ondersteunende rol in Good Will Hunting ontvang
- Adriaan Hofmeyr
- Ds. Adriaan (Attie) Jacobus Louw Hofmeyr was ’n geliefde maar omstrede predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk, bekend as een van die Kerk se welsprekendste en boeiendste leraars asook ’n politieke agitator. In sy meer as halfeeu lange dog onderbroke dienstyd as predikant het hy net vier gemeentes bedien, naamlik van 1881 agtereenvolgens Willowmore, Prins Albert en tot 1899 Wynberg, en daarna eers weer van 1928 tot 1933 Kuruman. Vandat hy dus in 1881 in sy eerste gemeente ontvang is totdat hy
- Djengis Khan
- Djengis Khan, gebore as Temoedjin of Temüjin , was die stigter, khan (heerser) en khagan (keiser) van die Mongoolse Ryk, wat ná Djengis se dood die grootste aaneenlopende ryk in die wêreld se geskiedenis geword het
- John F. Kennedy
- John Fitzgerald Kennedy, afgekort JFK, was van 20 Januarie 1961 tot sy sluipmoord op 22 November 1963 die 35ste president van die Verenigde State van Amerika. Ná Abraham Lincoln (1865), James Garfield (1881) en William McKinley (1901) is hy die vierde Amerikaanse president, wat vermoor is. Hy was die jongste president van die VSA wat in die amp oorlede is. Daarbenewens was hy die eerste Amerikaanse president van Rooms-Katolieke geloof
- Barack Obama
- Barack Hussein Obama II is op 20 Januarie 2009 ingehuldig as die 44ste president van die Verenigde State. Hy het in die Amerikaanse Kongres die amp van Juniorsenator vir die deelstaat Illinois beklee en is die vierde jongste kandidaat wat ooit as president verkies is. Hy is daarnaas ook die eerste boorling van die deelstaat Hawaii wat die presidentsamp beklee
- Adolf Hitler
- Adolf Hitler was 'n politikus wat tussen 1934 en 1945 leier van die gewilde Nasionaal-Sosialistiese Duitse Werkersparty was
- Jeff Garlin
- Jeffrey Todd "Jeff" Garlin is 'n Amerikaanse komediant en akteur. Garlin is veral bekend vir sy rol as Jeff Greene in die TV-reeks Curb Your Enthusiasm saam met Larry David, waar hy in 80 episodes speel (2000–2011