2015 Top Ten of Conflict for Nature
- Vagina
- Die vagina of skede is die benaming vir die inwendige dele van die geslagsorgaan wat by vroulike diere en die mens die baarmoeder met die buitekant van die liggaam verbind. Die uitwendige deel word vulva genoem
- Goud
- Goud is 'n gesogte edelmetaal met 'n heldergeel (goue) kleur. Goud se chemiese nommer is 79 en dit het die simbool Au. Dit het die atoomgetal 92 en 'n relatiewe atoommassa van 196.97. Dit smelt by ongeveer 1 064 °C en kook by ongeveer 2 856 °C. Goud is egter baie sag en word dikwels gelegeer (saamgesmelt) tot 'n stof wat 'n legering of allooi genoem word om dit harder te maak. Die suiwerheid van goud word gewoonlik in karaat gemeet, en 24 karaat word algemeen as suiwer geag. Suiwer goud is die mees
- Reënboog
- 'n Reënboog is 'n boog van gekleurde lig wat ontstaan wanneer die son teen 'n waterdruppel skyn en die wit lig dan deur middel van ligbreking in die volledige kleurspektrum opgebreek word. Die middelpunt van die reënboog staan reg teenoor die son en die boog het 'n straal van ongeveer 42°. Die kleure van die reënboog is, van buite na binne, rooi, oranje, geel, groen, blou, indigo en violet
- Dione (maan)
- Dione is een van die planeet Saturnus se natuurlike satelliete en is ontdek deur die sterrekundige Giovanni Cassini op 21 Maart 1684, saam met Tethis. Die maan is vernoem na Dione, een van die Titane in die Griekse mitologie
- Tsoenami
- 'n Tsoenami, 'n tipe vloedgolf, is 'n reeks golwe wat in 'n watermassa veroorsaak word deur 'n puls of skielike versteuring wat 'n waterkolom vertikaal verplaas. Aardbewings, aard- of grondverskuiwings, vulkaniese uitbarstings, ontploffings en die impak van buiteaardse liggame soos meteoriete kan 'n vloedgolf veroorsaak. Tsoenami's kan kuslyne 'n geweldige slag toedien en verpletterende skade aan eiendom, beserings en lewensverlies deur besering of verdrinking veroorsaak
- Long
- Die long is 'n orgaan wat deel uitmaak van die asemhalingstelsel en koppelvlak met die bloedsomloopstelsel vir gewerwelde diere wat lug inasem. Die funksie daarvan is om suurstof vanuit die lug met koolstofdioksied in die bloed te ruil. Die proses wat hier plaasvind word respirasie of asemhaling genoem. Die meganisme waarvolgens longe respirasie moontlik maak word diffusie genoem. Daar is ook nie-respiratoriese funksie van die longe. Mediese terme wat verband hou met die longe begin gewoonlik met pulmo
- Swam
- 'n Swam of skimmel is enige lid van 'n groot groep eukariotiese organismes wat mikro-organismes soos gis en muf, asook die bekender sampioene insluit. Swamme vorm die koninkryk Fungi, 'n biologiese koninkryk wat apart is van die plante en diere. Een groot verskil tussen plante en swamme, is dat swamme se selle selwande het wat chitien bevat, terwyl plante se selwande sellulose bevat
- Suurstof
- Suurstof is die chemiese element in die periodieke tabel met die simbool O en atoomgetal 8
- Broers Grimm
- Jacob Grimm (1785-1863) en sy broer Wilhelm (1786-1859) was Duitse taal- en letterkundiges wat 'n lewe lank saamgewerk en in die hele Westerse wêreld bekend geword het met twee versamelings van volkssprokies wat tradisioneel mondeling oorgelewer is. Danksy hulle versamelwerk is sprokies soos Sneeuwitjie en Hansie en Grietjie vir die eerste skriftelik gedokumenteer. Die broers het hierdie versamelwerk as 'n stokperdjie gedoen en nooit verwag om daarmee kommersiële sukses te behaal nie
- Dolfyn
- 'n Dolfyn is 'n waterlewende soogdier, verwant aan die walvis en tornyn. Die naam ontspring van die ou-Griekse delphis wat beteken met 'n baarmoeder, met ander woorde 'n vis met 'n baarmoeder. 'n Groep dolfyne word 'n skool genoem