2015 Top Ten of Conflict for Geography
- Persiese Golf
- Die Persiese Golf is 'n golf in die Midde-Ooste, wat aan Irak, Iran, Oman, Verenigde Arabiese Emirate, Katar, Bahrein, Saoedi-Arabië en Koeweit grens. Die oppervlakte daarvan is ongeveer 251 000 km². Die belangrikste riviere wat in die golf uitmond is die Eufraat en die Tigris en die grootste stede is Koeweit, Doebai en Aboe Dhabi. Die Golf is deur die Straat van Hormuz en die Golf van Oman met die Arabiese See en die Indiese Oseaan verbind. Dié golf is 'n belangrike roete van ruolie-transport
- Victoria-Wes
- Victoria-Wes is 'n dorp in die sentrale Karoo-streek van die provinsie Noord-Kaap. Dit is op die N12-roete geleë, op 'n hoogte van 1 300 meter. Dit is die setel van die Ubuntu Plaaslike Munisipaliteit in die Pixley ka Seme-distriksmunisipaliteit
- Suid-Afrika
- Suid-Afrika, amptelik die Republiek van Suid-Afrika, is 'n republiek aan die suidpunt van Afrika. Dit grens in die noorde aan Namibië, Botswana en Zimbabwe, en in die noordooste aan Mosambiek en Eswatini. Lesotho vorm 'n enklawe binne die grense van Suid-Afrika
- Argentinië
- Argentinië, amptelik die Argentynse Republiek, is 'n Spaanssprekende land in die suide van Suid-Amerika, tussen die Andesgebergte in die weste en die suidelike Atlantiese Oseaan in die ooste. Die naam "Argentinië" is afgelei van die Latynse woord argentum (silwer), 'n edelmetaal wat 'n belangrike rol gespeel het in die opkoms van Europese kolonialisme in Argentinië
- Duitsland
- Duitsland, amptelik die Bondsrepubliek Duitsland, is in die sentrum van Europa geleë en vervul in baie opsigte 'n brugfunksie tussen Wes-Europa en die lande van Sentraal- en Oos-Europa
- Verenigde State van Amerika
- Die Verenigde State van Amerika, in die omgangstaal ook net Amerika genoem, is 'n federale republiek in die Westelike Halfrond wat uit vyftig deelstate, 'n federale distrik, vyf groter selfregerende gebiede en enkele kleiner eilandbesittings in die Stille Oseaan en die Karibiese See bestaan. 48 van sy deelstate en die federale distrik lê in Sentraal-Noord-Amerika tussen die Stille Oseaan in die weste en die Atlantiese Oseaan in die ooste en word in die noorde deur Kanada en in die suide deur Meksiko
- Europa
- Europa is 'n vasteland wat oor die westelike vyfde van die Eurasiese landmassa strek. Alhoewel dit in geografiese opsig eerder as subkontinent geklassifiseer kan word wat saam met Asië die vasteland van Eurasië vorm, word dit vanweë sy historiese en kulturele ontwikkeling meestal as selfstandige kontinent beskou. Eeue lank was Europa in kulturele en ekonomiese opsig die middelpunt van die wêreld. So het die term Europa naas sy geografiese definisie ook betrekking op kulturele, politieke, ekonomiese
- Irak
- Irak, amptelik die Republiek Irak, is 'n land in die Midde-Ooste en Suidwes-Asië. Irak grens aan Turkye in die noorde, Iran in die ooste, Koeweit in die suidooste, Saoedi-Arabië in die suidweste, en beide Sirië en Jordanië in die weste. Irak het ook 'n baie nou kuslyn aan die Persiese Golf wat strek tussen Iran in die ooste en Koeweit in die suide
- Berlyn
- Berlyn is die hoofstad van Duitsland en is die grootste stad in dié land wat sowel oppervlakte as bevolking betref. Die stad het 'n bevolking van 3,77 miljoen van binne die stadsgrense en sowat 6,2 miljoen in die metropolitaanse gebied wat onder meer Potsdam insluit. Die getal buitelandse inwoners het op 31 Desember 2020 789 076 beloop. Die grootste Turks- en Russiessprekende gemeenskappe word hier in Europa aangetref. Berlyn is tans die grootste stad in die Europese Unie met een van die grootste
- Lys van nedersettings in die Verenigde State van Amerika
- Hierdie is 'n lys van nedersettings in die Verenigde State van Amerika