2015 Top Ten of Conflict

WhatsApp
WhatsApp is 'n kitsboodskapdiens vir slimfone en uitgesoekte funksieselfone wat van die internet gebruik maak vir kommunikasie. Benewens kort teksboodskappe (SMS'e), kan gebruikers beelde, videogrepe en klankboodskappe aan mekaar stuur, sowel as hul plek aandui met behulp van die geïntegreerde karteringsfunksies
Gregoriaanse kalender
Die Gregoriaanse kalender, wat tans regoor die Westerse wêreld gebruik word, is 'n wysiging van die Juliaanse kalender. Dit is die eerste keer voorgestel deur die Napelse dokter Aloysius Lilius, en is op 24 Februarie 1582 deurgevoer deur pous Gregorius XIII
Justin Bieber
Justin Drew Bieber is 'n Kanadese pop- en R&B-sanger. Bieber se ouers het video's van hom op YouTube gelaai, waar hy deur sy uiteindelike bestuurder Scooter Braun ontdek is. Braun het gereël dat Bieber met Usher in Atlanta, Georgia in die VSA moes ontmoet, waarna Bieber spoedig 'n kontrak met Raymond Braun Media Group (RBMG) aangebied is. Daarna het hy 'n opneemkontrak met Island Records losgeslaan
Joachim Gauck
Joachim Gauck het tussen Maart 2012 en Maart 2017 as die elfde federale president van Duitsland gedien. As Evangelies-Lutherse pastoor, partylose politikus en publisis het hy 'n belangrike bydrae tot die politieke proses van Duitse hereniging in 1990 gespeel
Elektriese weerstand en konduktansie
Die elektriese weerstand van 'n voorwerp is 'n maatstaf van die teenstand of verset teen die deurlating van 'n bestendige elektriese stroom. 'n Voorwerp met 'n uniforme deursnee het 'n weerstand direk eweredig aan sy lengte en omgekeerd eweredig aan die deursnee-area, en direk eweredig aan die resistiwiteit van die materiaal. Die wedersydse van elektriese weerstand is elektriese konduktansie of elektriese geleidingsvermoë
Kim Jong-oen
Kim Jong-oen is die leier van Noord-Korea se Kommunistiese Party en die land self. Hy beklee sedert Desember 2011 die titel van Hoogste Leier van Noord-Korea nadat sy vader, Kim Jong-il, op 17 Desember 2011 gesterf het. Sy oorlede oupa, Kim Il-sung, was die eerste leier van Noord-Korea
Islamitiese Staat
Die Islamitiese Staat in Irak en die Levant (ISIL), ook soms die Islamitiese Staat in Irak en Sirië (ISIS) of slegs die Islamitiese Staat (IS) genoem, is 'n djihadiese militêre groep en 'n selfbenoemde staat oor dele van Sirië en Irak. Die gebied waar ISIS aktief is, het vroeër die Levant geheet. ISIS streef na 'n kalifaat, 'n staat wat deur 'n kalief, dit wil sê 'n opvolger van die Islamitiese profeet Mohammed, regeer word. Die oorspronklike Islamitiese kalifaat is in 1924 ontbind toe die Ottomaanse
Robin Williams
Robin McLaurin Williams was 'n Oscar-bekroonde Amerikaanse akteur en komediant. Hy was veral bekend vir sy rol in Good Morning Vietnam (1987), Dead Poets Society (1989) en Good Will Hunting (1997). Hy het in 1997 'n Oscar vir sy ondersteunende rol in Good Will Hunting ontvang
Wikipedia
Wikipedia is 'n veeltalige "kopielinkse" ensiklopedie ontwerp om deur enigiemand gelees, verbeter en uitgebrei te word. Dit berus op samewerkende verandering en onderhoud deur duisende gebruikers deur middel van wiki-sagteware, en word verskaf en ondersteun deur die nie-winsgewende Wikimedia-stigting. Waarnemers beskou die tweeledige bestuur, waarin 'n informele gemeenskap van aktiewe gebruikers die gesag oor 'n globale digitale projek met 'n stigting deel en sodoende formele met informele
Vagina
Die vagina of skede is die benaming vir die inwendige dele van die geslagsorgaan wat by vroulike diere en die mens die baarmoeder met die buitekant van die liggaam verbind. Die uitwendige deel word vulva genoem