2014 Top Ten of Polemic for Technology

Microsoft Windows
Microsoft Windows is die naam van 'n reeks bedryfstelsels wat deur Microsoft ontwikkel en versprei word. Microsoft het die eerste weergawe van Windows in November 1985 vrygestel as 'n toevoeging tot MS-DOS om aan die groeiende belangstelling in grafiese gebruikerskoppelvlakke te voldoen
Dvorak-sleutelbord
Die Dvorak vereenvoudigde sleutelbord is 'n sleutelborduitleg wat deur Drs. August Dvorak en William Dealy in die 1920's en die 1930's ontwerp is as 'n alternatief tot die steeds gewilde QWERTY-sleutelborduitleg
Internet
Die Internet is ’n wêreldwye stelsel van rekenaarnetwerke wat met mekaar verbind is en data uitruil met behulp van die gestandaardiseerde TCP/IP-protokolsuite. Dis ’n netwerk van miljoene privaat en openbare rekenaars van akademiese, regerings- en sakenetwerke wat verbind word deur optiese vesel- en koperkabels of verskillende soorte kabellose verbindings
Genetiese manipulasie
Genetiese manipulasie, ook genetiese ingenieurswese of genetiese modifikasie genoem, is die direkte manipulasie van die gene van 'n organisme deur biotegnologie. Dit is 'n stel tegnologieë wat gebruik word om die genetiese samestelling van selle te verander, insluitend die oordrag van gene binne en oor spesiegrense om verbeterde of nuwe organismes te produseer. Nuwe DNS word verkry deur die genetiese materiaal wat van belang is, met behulp van rekombinante DNS-metodes te isoleer en te kopieer, of deur die
Wiki
'n Wiki of wiki is 'n webwerf wat 'n gebruiker toelaat om inhoud by te voeg, net soos in 'n Internetforum, maar maak ook die verandering daarvan deur enige ander gebruiker moontlik
Twitter
Twitter is 'n sosiale netwerk- en mikrojoernaaldiens wat gebruikers in staat stel om boodskappe, bekend as tweets, te versend en te lees. Tweets is teksgebaseerde boodskappe van tot 140 karakters wat op die outeur se profiel gepubliseer word en aan die outeur se subskripsiegehoor, bekend as followers (volgelinge), gestuur word
MXit Music
MXit Music is 'n MXit-produk wat ten doel het om die groei van Suid-Afrikaanse musiek te ondersteun. MXit Music bied aan opkomende sowel as gevestigde musikale kunstenaars 'n platform om deur middel van hul uitgebreide aanlyn en mobiele gemeenskappe hul produk te bemark. Hierdie proses behels ook dat die musici geld vir aflaaie verdien sonder dat 'n derde party of tussenganger betrokke is. Gebruikers kan na musiek luister en daarvoor stem deur van hierdie diens gebruik te maak
Logiese hek
'n Logiese hek voer logiese bewerkings uit op een of meer logiese toevoere en lewer 'n enkele logiese afvoer. Die logika wat gewoonlik uitgevoer word is Boolse logika en word algemeen aangetref in digitale stroombane. Logiese hekke word hoofsaaklik elektronies met behulp van diodes of transistors aanmekaargesit, maar kan ook gebou word met relês, hidroliese, optiese of selfs meganiese elemente
GNU-lisensie vir vrye dokumentasie
Die GNU Vrye Dokumentlisensie is 'n kopielinkse lisensie vir vrye dokumentasie wat deur die Stigting vir Vrye Sagteware ontwerp is. Die lisensie is soortgelyk aan die GNU Algemene Publieke Lisensie en gee lesers die reg om die werk te kopieer, aan te pas en te versprei, maar vereis wel dat alle kopieë en afgeleide werke onder dieselfde lisensie beskikbaar gestel word. Kopieë mag ook verkoop word, maar indien die werk in groot hoeveelhede versprei word, moet die oorspronklike werk of bronkode ook
Roetering
By rekenaarnetwerke verwys die term roetering na die paaie waarlangs data in 'n rekenaarnetwerk versend word