2014 Top Ten of Polemic for Religion
- NG gemeente Coram Deo
- Die NG Kerk Coram Deo is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Sinode Goudland
- Pandeïsme
- Pandeïsme omskryf 'n geloofsiening of teologiese opvatting, waarvolgens die logiese verenigbare elemente van panteïsme en deïsme saamgevoeg word. Dit is die geloof dat die Skepper van die heelal in wese die Heelal geword het en dus opgehou bestaan het as 'n aparte bewuste entiteit
- Moksja (begrip)
- In Indiese gelowe is moksja/moksha of moekti/mukti, wat letterlik "vrystelling" beteken, die vrystelling van samsara en die gepaardgaande lyding betrokke by die geknegdheid aan die kringloop van herhalende sterfte en hergeboorte
- Chronos
- Chronos was in die Griekse mitologie die verpersoonliking van tyd. Hy is beskou as ’n onstoflike god met ’n slangagtige vorm en drie koppe – dié van ’n man, ’n bul en ’n leeu. Hy en sy vrou, die slang Ananke (Onvermybaarheid), het om die oorspronklike wêreldeier geseil en dit verskeur om die geordende heelal van die aarde, see en lug te vorm
- Belydenis van Belhar
- Die Belharbelydenis is 'n Christelike geloofsdokument wat oorspronklik in Afrikaans geskryf is en deur die sinode van die Nederduitse Gereformeerde Sendingkerk in Suid-Afrika in 1986 as geloofsbelydenis aangeneem is
- NG gemeente Makwassie
- Die NG gemeente Makwassie is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Sinode Goudland
- Klaagliedere van Jeremia
- Klaagliedere van Jeremia is die 25ste boek in die kanon van Hebreeuse Geskrifte wat as Ou Testament in die Bybel opgeneem is. Hierdie boek bestaan uit gedigte in die vorm van liedere. Die boek handel oor die verskriklike dinge wat die volk van die Here deurgemaak het toe Jerusalem beleër en verwoes is en die bevolking in ballingskap weggevoer is. Die liedere sê dat dit die Here is wat dit gedoen het as straf vir die volk se sondes. Daar is 'n stemming van diepe droefheid in die liedere, maar ook 'n
- Christene
- Christene glo in die drie-enige God – Vader, Seun en Heilige Gees – Skepper van die hemel en die aarde en die Onderhouer van alle dinge. Hulle glo dat Jesus Christus, die Seun, sowat 2000 jaar gelede aan die kruis gesterf het om die sondige mens van sy sondes te verlos, opgestaan het uit die dood, opgevaar het na die hemel en op 'n dag sal terugkeer om die mensheid te oordeel
- Vyf Pilare van die Islam
- Islam beteken die wil of wet van Allah soos wat hy dit aan die mensdom geopenbaar het deur die profete en spesifiek deur die "laaste profeet" – Mohammed. 'n Moslem is iemand wat hom of haar aan die wil van Allah onderwerp en leef soos Allah dit verwag. In die praktyk is daar vyf "moets" waarvolgens 'n Moslem moet leef om só die ewige lewe in die Paradys te verdien. Dit staan bekend as die vyf pilare van Islam
- Tora
- Jode glo God praat met die individu sowel as met die Joodse volk deur die Tora, die Heilige Skrifte van Judaïsme wat beskou word as God se geopenbaarde wil of instruksies. Die Tora bestaan uit vyf boeke wat die eerste gedeelte van die Tanag vorm en staan in die Jodedom as gamisjá goemsjei torá, "die vyf vyfdes van die Tora" bekend. Die Griekse benaming is Πεντάτευχος (Pentáteuchos), Latyn: Pentateuchus of Pentateuchum, Afrikaans: Pentateug, letterlik: "vyf boeke" of "vyf boekrolle