2014 Top Ten of Polemic for Philosophy

Sosialisme
Sosialisme is 'n ekonomiese en politieke stelsel waar die werkers beheer oor die produksiemiddele, soos masjinerie en landbougrond uitoefen. Mense wat so 'n koöperatiewe samelewing bepleit word sosialiste genoem. Hulle glo daaraan dat goedere en dienste vir menslike gebruik, en nie vir winste geproduseer moet word nie. Sosialiste glo dat alles in die samelewing deur die koöperatiewe pogings van sy lede vervaardig moet word
Rassisme
Rassisme of rassediskriminasie dui op die sosiale, ekonomiese of politiese diskriminasie teenoor 'n persoon gebaseer op ras en/of velkleur. Dit dui nie noodwendig op die haat van een ras teenoor 'n ander nie, maar die uitsluiting of weiering van sekere regte en voorregte, soos destyds toegepas deur die apartheidsregering van Suid-Afrika en die Jim Crow-wette in die VSA
Filosofie
Filosofie of wysbegeerte is 'n vakgebied wat die kennis van, en insig in 'n verskeidenheid fundamentele sake najaag, soos byvoorbeeld realiteit, kennis, betekenis, waarde, bestaan en waarheid. In omgangstaal word die term filosofie baie keer gebruik om te dui op 'n ingesteldheid, uitgangspunt of lewensbeskouing. Hierdie artikel handel eerder oor filosofie as 'n akademiese vakgebied
Ideologie
'n Ideologie is 'n versameling idees wat die grondslag van 'n politieke of ekonomiese teorie of stelsel vorm, veral idees wat tot starheid, onversetlikheid van denke op optrede lei. Daar is baie verskillende tipes ideologieë. Voorbeelde hiervan is kommunisme, sosialisme en kapitalisme. Iemand wat 'n bepaalde ideologie voorstaan of beoefen, word 'n ideoloog genoem
Demokrasie
Demokrasie is 'n regeringsvorm gekenmerk deur gereelde en vrye verkiesings waaraan meer as een party kan deelneem, verskanste burgerregte en vrye media. Die woord het sy oorsprong uit die Griekse δημοκρατíα, wat bestaan uit δημος, κρατειν en die agtervoegsel íα. Dit beteken dus "regering deur die mense
Republiek
'n Republiek, in die mees basiese sin, is 'n staat waarin soewereiniteit uiteindelik vanaf die mense afkomstig is, eerder as vanuit 'n oorerflike of ander beginsel
Holisme
Holisme is die idee dat al die eienskappe van 'n gegewe stelsel nie in terme van die onderliggende komponente alleen verduidelik kan word nie. Die stelsel as 'n geheel bepaal eerder op 'n belangrike wyse hoe die dele hulle gedra. Die algemene begrip van holisme is deur Aristoteles in die Metafisika opgesom: "Die geheel is meer as die som van sy onderdele" (1045a10
Vryedenke
Vryedenke is 'n eienskap van indiwidue wat hul opinies vorm op die basis van hoe hulle 'n onderwerp verstaan en nie op die voorskrifte van tradisie, gesag of gevestigde menings of geloof nie. Die definisie is veral van toepassing op die verwerping van godsdienstige dogma
Monargie
Monargie is 'n regeringstelsel of staatsvorm waar die staatshoof gebruiklik lewenslang 'n posisie beklee. Die posisie is gewoonlik oorerflik, dit wil sê dat opvolgers aan dieselfde familie behoort. Voorbeelde van lande wat 'n monargiese stelsel het is die Verenigde Koninkryk, België, Nederland, Japan, Lesotho, eSwatini, Australië, Kanada, Nieu-Seeland en vele andere
Libertynisme
Libertynisme is 'n politiese filosofie wat individuele regte en 'n beperkte regering voorstaan. Libertyne glo dat individue vry moet wees om enigiets te doen soos hulle goed dink, solank as dit wat hulle doen nie inbreuk maak op die gelyke regte van ander nie. In hierdie verband stem hulle saam met baie ander moderne politieke ideologieë. Die verskil kom voor in die definisie van "regte". Vir libertyne bestaan daar geen "positiewe regte" nie, slegs "negatiewe regte". Libertyne glo verder dat die enigste