2014 Top Ten of Polemic for Nature
- Anaboom
- Die Anaboom - voorheen Acacia albida - is 'n boom wat aangetref word in die alluviale vloedvlaktes of langs die riviere en panne in Limpopo, Mpumalanga, KwaZulu-Natal asook Eswatini
- Bosmirtebessie
- Die Bosmirtebessie is 'n klein tot middelgroot boom. Die boom kom verspreid voor deur kuswoud en afrikabergwoud vanaf Oos-Londen tot by die Lebomboberge en daar is ook 'n afgesonderde populasie op die oostelike hooglande van Zimbabwe. Die bas is gladderig ligbruin en kenmerkend is effens, hoekige gryserige takkies
- Kaas
- Kaas is 'n voedsel met 'n hoë inhoud van proteïen en vet, wat uit die gestolde melk van koeie, soms ook bokke, skape, rendiere en waterbuffels vervaardig word. In wese is dit 'n konsentraat van die melk se mees voedsame bestanddele, wat naas proteïen ook kalsium en die vitamine A, B2, B12 en pantoteensuur (B5) insluit.
Daar is meer as 2 000 verskillende soorte kaas wêreldwyd, en meestal word stremsel gebruik om melk te laat stol, maar daar is ook soorte waar sure soos asyn en suurlemoensap of
- Waterbesoedeling
- Waterbesoedeling is die besoedeling van watermassa. Waterbesoedeling kom voor wanneer die besoedelende stof direk of indirek in die watermassa beland sonder voldoende behandeling om die skadelike stof te verwyder
- Somertyd
- Somertyd is die tydsone wat aan 'n streek toegeken word vir 'n gedeelte van die jaar, gewoonlik 'n uur vorentoe vanaf die standaard amptelike tydsone
- Gehoor
- Gehoor is die proses van die waarneming van klank, in die soogdierspesies met behulp van die oor. Dit is een van die vyf sintuie, soos neergelê deur Aristotel
- Semen
- Semen is ’n taai, witterige uitskeiding van die manlike geslagsorgane. Dit bevat spermselle en bestaan uit afskeidings van die testikels, saadblasies, prostaat en Cowper se kliere. Dit word ook seminale vloeistof genoem
- Kovalente binding
- Kovalente binding kom voor wanneer atome van nie-metale elektrone gelykop of byna gelykop deel. Elektrostatiese aantrekkingskragte hou die atome in kovalente binding bymekaar
- Stamsel
- Stamselle is selle wat in die meeste multisellulêre organismes aangetref word. Hulle word gekenmerk deur die vermoë om hulself te hernu deur mitotiese selverdeling en om te verander in 'n wye verskeidenheid soorte selle. Navorsing in stamselle het begin by oorspronklike navorsing wat gedoen is deur die Kanadese wetenskaplikes Ernest McCulloch en James Till in die 1960's. Die twee breë kategorieë stamselle in soogdiere is: Embrioniese stamselle wat geïsoleer kan word uit die binneste selmassa van
- Elektriese drywing
- Die elektriese drywing (P) van 'n elektriese apparaat is 'n grootheid vir die hoeveelheid energie wat die apparaat binne 'n bepaalde tydseenheid gebruik. Die mees gebruikte eenheid vir elektriese drywing is die watt (W