2014 Top Ten of Polemic for History

Franse inval in Meksiko
Die Franse inval in Meksiko was 'n inval in Meksiko, wat deur 'n ekspedisiemag, gestuur deur die Tweede Franse Keiserryk onder Napoléon III en aanvanklik deur die Verenigde Koninkryk en die Koninkryk van Spanje ondersteun is. Dit het gevolg op die opskorting van rentbetalings aan ander lande deur President Benito Juárez op 17 Julie 1861, wat Meksiko se grootste krediteure Frankryk, Spanje en die Verenigde Koninkryk verontrus het
Vierkleur
Die Transvaalse Vierkleur was die amptelike vlag van die Zuid-Afrikaansche Republiek en is deur ds Dirk van der Hoff ontwerp. Die vlag het amptelik as die ZAR se landsvlag gedien vanaf 1858 tot 1902, met periodes waartydens die ou Voortrekkervlag (1874-75) en die Union Jack (1877-1881) as amptelike vlag gehys is
22 Julie
22 Julie is die 203de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 162 dae in die res van die jaar
Babilonië
Babilonië was 'n antieke kultuurstreek in suid-sentrale Mesopotamië, met Babilon as hoofstad. Babilonië het opgebloei toe Hammoerabi 'n ryk gevestig het uit die landstreke van die voormalige Akkadiese Ryk
Romeinse Ryk
Die Romeinse Ryk verwys na die gebied wat tussen 27 v.C. en die 5de en 6de eeu n.C. deur 'n reeks van keisers geregeer is. Dit was een van die grootste ryke in die wêreldgeskiedenis en die bevolking het gegroei tot 'n geskatte 50 tot 90 miljoen. Gebiede wat 'n deel van die ryk was, het gestrek vanaf Brittanje tot Egipte en het vele nasies en kulture ingesluit
Trebuchet
'n Trebuchet is a tipe oorlogwapen wat gebruik word om projektiele soos rotse te slinger. Dit is soortgelyk aan die katapult, maar die slinger aksie wat die projektiel lanseer verskil. Waar 'n katapult potensiele energie opbou en vrylaat om die projektiel te lanseer, gebruik 'n trebuchet swaar gewigte om 'n hefboom aan te dryf
Volksmoord
Volksmoord is 'n misdaad wat gepleeg word om 'n nasionale, etniese, rasse- of godsdienstige groep in die geheel of gedeeltelik uit te wis. Dit kan dade insluit soos:Doodmaak van lede van die groep; Veroorsaking van ernstige liggaamlike of geestelike leed aan lede van die groep; Doelbewuste totstandbring van toestande om 'n groep of 'n gedeelte daarvan fisies uit te wis; en Gewelddadige oorplasing van kinders van die groep na 'n ander groep
45 v.C.
810
Die jaar 810 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 10de jaar van die 9de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad
Groot-Bulgaarse Ryk
Die Groot-Bulgaarse Ryk, afgelei van die Griekse Παλαιά Μεγάλη Βουλγαρία, Palaiá Megálē Voulgaría, is deur die Proto-Bulgare, 'n Turkse volk, in Suid-Rusland en die Noord-Kaukasus gestig. In teenstelling met die latere groot Bulgaarse ryke het dit nie oor die Balkanskiereiland gestrek nie, maar was noord van die Swartsee en die See van Azof geleë. Die naam van die ryk gaan terug na Bisantynse geleerdes. Sy hoofstad was die hawestad Phanagoria