2014 Top Ten of Polemic for Health

Psigodinamiese terapie
Psigodinamiese terapie is 'n vorm van diepte-sielkunde. Die primêre fokus is om die onbewuste inhoud van 'n pasiënt se psige te openbaar in 'n poging om psigiese spanning te verlig. Dit hou dus verband met psigoanalise, maar is gewoonlik van korter duur en minder intensief as psigoanalise. Psigodinamiese terapie maak ook meer gebruik van die interpersoonlike verhouding tussen die pasiënt en terapeut. Die benadering is ook gewoonlik meer eklekties en maak gebruik van tegnieke uit verskillende bronne
Sigaret
'n Sigaret is 'n produk waarmee tabak wat in 'n dun papier toegerol is, gerook word. Die meeste sigarette bevat 'n "gerekonstitueerde tabak" -produk, bekend as "laken", wat bestaan uit herwinde tabakstingels, stukkies en versamelstof, waaraan gom, chemikalieë en vullers gevoeg word; die produk word dan met nikotien gespuit wat uit die tabakstukkies onttrek is en in krulle gevorm is
Hallusinogeen
'n Hallusinogeen is 'n middel wat hallusinasies veroorsaak. Die woord hallusineer is afgelei van die Latynse woord "hallucinare", wat "ronddwaal in die gees" beteken. Dit laat mense dinge sien en hoor wat nie werklik bestaan nie. Hallusinogene is uiters gevaarlike gifstowwe wat verslawing of selfs dood kan veroorsaak
Skrotum
Die skrotum is die sak waarin die testikels (teelballe) hang. Dit bestaan uit 'n dun huidlaag met 'n spierlagie daaronder en is deur 'n tussenskot in twee verdeel. Dit kan beskryf word as 'n uitstulping van die abdomen van vel en spier waarin die testikels rus. Die anatomiese ligging daarvan is tussen die penis en die anus. By sekere soogdiere soos die mens, raak die basis van die skrotum bedek met pubiese hare wanneer puberteit aanbreek. Die leek verwar dikwels die skrotum met die testikels. Die skrotum
Obsessief-kompulsiewe steuring
Obsessief-kompulsiewe steuring is ’n angssteuring wat gekenmerk word deur indringende gedagtes wat ongemak, ongerustheid, vrees of kommer tot gevolg het, asook herhaalde gedrag wat daarop gemik is om die gepaardgaande ongerustheid te verminder, of ’n kombinasie van sulke obsessies en kompulsies. Simptome van die steuring sluit in ’n voortdurende gewas of skoonmaak, herhaalde seker maak dat iets in orde is, ekstreme opgaring, ’n preokkupasie met gedagtes, ’n afkeer van sekere syfers en senuagtige
MIV/vigs in Suid-Afrika
MIV/vigs in Suid-Afrika is ’n onrusbarende gesondheidskwessie, omrede daar aangevoer word dat meer mense met vigs in Suid-Afrika besmet is as enige ander land ter wêreld
Aandaggebrek-hiperaktiwiteitsteuring
Aandaggebrek-hiperaktiwiteitsteuring, voorheen aandaggebreksindroom (AGS) en aandagafleibaarheidsindroom genoem, word grootliks beskou as 'n neurologiese steuring wat omtrent 5% van die wêreld se bevolking affekteer. Dit ontstaan reeds in die vroeë jare van 'n kind. Dit word geklassifiseer as patrone van aanhoudende verloor van aandag en/of hiperaktiwiteit, dit word gewoonlik verbind aan vergeetagtigheid en min beheer oor eie impulsiwiteit. AGHS word tans beskou as 'n toestand waarvoor daar geen mediese
Stem
Die menslike stem is die klank wat deur 'n mens gegenereer word deur gebruik te maak van die stembande vir praat, sing, lag, huil, skree, ens. Stem is daardie deel van menslike klankproduksie waar die stembande die primêre bron van klank is. Die meganisme vir die generering van die menslike stem word algemeen in drie subdele verdeel: die longe, die stembande binne die strottehoof, en die artikulators. Die longe dien as 'n pomp wat lugvloei en lugdruk verskaf waarmee die stembande gevibreer word. Die
Ebola
Ebola of Ebola hemorragiese koors is 'n ernstige menslike siekte wat deur die ebolavirus veroorsaak word. Die siekte veroorsaak 'n hoë sterftesyfer en daar is geen spesifieke behandeling of medisyne teen die virus beskikbaar nie. Die siekte is skaars en kom tipies in die vorm van plaaslike uitbrekings in lande in Sentraal-Afrika voor. Die naam ebola kom van die gelyknamige rivier in die Kongo waar 'n uitbraak in 1976 plaasgevind en ebola vir die eerste keer erken en bewys is
Ejakulasie
Ejakulasie is die proses van die uitspuit van semen vanuit die penis. Dit gaan gewoonlik gepaard met ’n orgasme, wat weer teweeggebring word deur seksuele prikkeling. Seksuele prikkeling lei egter nie altyd tot ejakulasie nie. Ejakulasie kan ook voorkom gedurende die vinnigeoogbewegingsfase van slaap vanweë seksuele drome. Andersins gebeur dit soms tydens die massering van die prostaat. In skaars gevalle kan dit die gevolg van ’n siektetoestand van die prostaat wees. Ejakulasie word meestal