2014 Top Ten of Polemic for Geography

Kalifornië
Kalifornië is 'n deelstaat aan die suidelike weskus van die Verenigde State van Amerika (VSA). Dit is die grootste deelstaat ten opsigte van sy bevolking van sowat 39,3 miljoen en die derde grootste ten opsigte van sy oppervlak, na Alaska en Texas. Die staat grens in die ooste aan Nevada, in die noorde aan Oregon, en in die suidooste aan Arizona. Die Kaliforniese Kanaaleilande maak ook deel uit van die deelstaat
Toerleier
'n Toerleier of toergids verskaf inligting en bystand aan mense op georganiseerde toere, individue kliënte en opleidingsinstansies by religieuse en historiese plekke, museums en by ander plekke van belang. Hulle het (normaalweg) 'n erkende nasionale of plaaslike toeriste-kwalifikasie. Diploma NQF-360 Krediete)nodig
Mistral (wind)
Die Mistral is 'n sterk tot baie sterk wind, wat uit 'n noord- tot noordwestelike rigting oor die noorde van Wes-Mediterreense bekken, veral Frankryk en Italië, waai. Die naam Mistral is afgelei van die Provensaalse woord vir "meester". Die wind word in Suidwes-Frankryk tramontane genoem, terwyl die term mistral oorwegend in Provence en langs die Côte d'Azur gebruik word. Die wind kan egter tot by die suide van die Baleariese Eilande en die noordelike Tunisië waai
Santiago de Compostela
Santiago de Compostela is die hoofstad van die outonome gemeenskap Galisië in noordwestelike Spanje, met 'n bevolking van 95 671 in 2012. Die stad is sy oorsprong te danke aan die heilige plek van die apostel Sint Jakobus die Grote, wat nou die stad se katedraal is, en wat die eindbestemming vir pelgrims op die Jakobsweg, 'n gewilde Katolieke pelgrimstog wat in die 9de eeu ontstaan het, is. In 1985 is die stad se historiese sentrum as UNESCO-wêrelderfenisgebied gelys en in 2015 is die gebied uitgebrei
Bo-Kaap
Die Bo-Kaap is 'n deel van Kaapstad in Suid-Afrika wat voorheen as die Maleierbuurt bekend gestaan het. Dit is aan die hange van Vlaeberg bo die middestad geleë en is die historiese sentrum van die Kaapse Maleierkultuur in Kaapstad. Die bevolking is ongeveer 6 000, van wie ongeveer 90% Moslem is
Katar
Katar, amptelik die Staat Katar, is 'n staat in die Midde-Ooste en Wes-Asië. Die land is op 'n skiereiland in die Persiese Golf, hier "Arabiese Golf" genoem, geleë. Dit lê noordoos van Saoedi-Arabië, oos van Bahrein, noordwes van die Verenigde Arabiese Emirate en suidwes van Iran. Katar beslaan 'n oppervlakte van 11 581 km² en het 'n bevolking van 2 795 484 in 2020 gehad. Die hoofstad en grootste stad is Doha. Die amptelike taal is Arabies en van die belangrikste etniese groepe sluit in Arabiere
Pristina
Pristina is die hoofstad en grootste stad van Kosowo. Dié land is op 17 Februarie 2008 eensydig onafhanklik verklaar van Serwië. Pristina is vernoem na die Prištrivier
Helpmekaar-kollege
Helpmekaar-kollege is 'n Afrikaanse hoërskool in die voorstad Braamfontein in Johannesburg. Sowat 750 leerders gaan tans hier skool. Dit was die eerste Afrikaanse privaat hoërskool in Suid-Afrika
Rooms-Katolieke Kerk
Die Rooms-Katolieke Kerk is die eerste en grootste Christelike godsdiensdenominasie met meer as 'n miljard lede. Die setel van die kerk is in die Vatikaanstad in Rome
Saint-Malo
Saint-Malo is 'n stad in die Bretonse département Ille-et-Vilaine met 44 620 inwoners. Die stad staan bekend vir sy historiese middestad en sy versterkings en is tans een van die gewildste toeristebestemmings in Frankryk. Jacques Cartier, die ontdekker van Kanada, is 'n boorling van Saint-Malo. Die Suid-Atlantiese eilandgroep van die îles Malouines is so vernoem ter ere van die seemanne uit Saint-Malo