2014 Top Ten of Polemic for Culture

The Fray
The Fray is 'n rock musiekgroep vanuit Denver, Colorado, en bestaan uit vier groepslede. Hulle is veral bekend vir hul single Over My Head , wat in die top tien van die Billboard Hot 100 gekom het. Hierdie single was ook 'n treffer in Kanada, Australië en Nieu-Seeland. Die opvolger, How To Save A Life, had nog meer sukses en besorg hul album met 'n superverkoop van meer as 1,3 miljoen eksemplare. Die gelyknamige album kom so in die top vyftien van die Billboard 200 Album Chart
AC Milan
AC Milan is 'n Italiaanse sokkerspan in die stad Milaan, wat in die Serie A uitdraf. AC Milan is een van die bekendste sokkerspanne in die wêreld en het reeds verskeie titels en pryse gewen. AC Milan deel sy tuisveld met hulle jarelange teenstander Internazionale. Die derby tussen die spanne staan bekend as die Derby della Madonnina
Mikrofoon
'n Mikrofoon is 'n elektromagnetiese onderdeel wat geluid in 'n elektriese sein omskakel sodat die klank vir versterking plaaslik en/of elders weergegee kan word, asook om 'n geluidsopname mee te maak
Belarussies
Belarussies, voorheen Wit-Russies genoem, is 'n taal wat tot die Slawiese tale gereken word. Belarussies word benewens in Belarus ook in dele van Oekraïne en Rusland gepraat en in die ooste van Pole
Kasjoebies
Kasjoebies is 'n Wes-Slawiese taal, wat in die ooste van Pommere, tussen Słupsk en Gdańsk in Noord-Pole gepraat word. Hulle taal is die voortsetting van die Elbe- en Oosseeslawies, wat vroeër tot in Nedersakse gepraat is, maar waarvan die westelike variant, Polabies in die sewentiende eeu uitgesterf het
Ddisselblom
ddisselblom is 'n Afrikaanse popgroep vanuit Bloemfontein, Suid-Afrika. Die groep se leuse is "Die Lewe is 'n Lied
Espresso
Espresso is 'n besondere bereiding van koffie, waarby warm water teen 'n baie hoë druk deur fyngemaalde koffiepoeier gepers word. Danksy hierdie metode word die koffie buitengewoon sterk en geurig. Daarbenewens kry dit ook 'n ligbruin laag koffieskuim, die sogenaamde crema. Espresso word in voorafverwarmde klein, dikwandige koppies bedien en bitter of met suiker gedrink. Soms word daar selfs 'n bietjie anys- of ander likeure bygevoeg
Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie
Die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie is in ooreenstemming met die Suid-Afrikaanse Uitsaaiwet van 1936 as Suid-Afrika se nasionale uitsaaidiens op 1 Augustus 1936 gestig
Anale seks
Anale seks, of anale omgang, is 'n vorm van menslike seksuele omgang. Alhoewel daar verskeie seksuele aktiwiteite is wat die anus, anale holte, sluitklep en/of rektum betrek, verwys die term "anale seks" na die gebruik waar die penis in die anus geplaas word. Hierdie wyse van seksuele omgang word beskou as een wat 'n hoë risiko dra te wyte aan die kwesbaarheid van die anale weefsel en die septiese geaardheid van die anus
Trol
Die term trol is 'n versamelnaam vir verskeie tipes lelike, mensagtige wesens uit die Nordiese volksdigkuns en tradisionele sprokieswêreld wat hulle wortels in die Oud-Nordiese mitologie het. Alhoewel hul voorkoms en hul eienskappe op verskillende maniere uitgebeeld word, word trolle nogtans meestal as gevaarlik en dom beskryf. Trolle woon by voorkeur in ontoeganklike plekke en natuurgebiede soos byvoorbeeld in die grotte van berge en bosse of in seegrotte