2014 Top Ten of Polemic
- Kalifornië
- Kalifornië is 'n deelstaat aan die suidelike weskus van die Verenigde State van Amerika (VSA). Dit is die grootste deelstaat ten opsigte van sy bevolking van sowat 39,3 miljoen en die derde grootste ten opsigte van sy oppervlak, na Alaska en Texas. Die staat grens in die ooste aan Nevada, in die noorde aan Oregon, en in die suidooste aan Arizona. Die Kaliforniese Kanaaleilande maak ook deel uit van die deelstaat
- Snoepwinkel
- 'n Snoepwinkel of snoepie is 'n winkel waarin daar lekkergoed en koeldrank en soms ander lekkernye of voedselitems verkoop word soos sjokolade, roomys, skyfies, worsbroodjies, pasteie, ens
- John F. Kennedy
- John Fitzgerald Kennedy, afgekort JFK, was van 20 Januarie 1961 tot sy sluipmoord op 22 November 1963 die 35ste president van die Verenigde State van Amerika. Ná Abraham Lincoln (1865), James Garfield (1881) en William McKinley (1901) is hy die vierde Amerikaanse president, wat vermoor is. Hy was die jongste president van die VSA wat in die amp oorlede is. Daarbenewens was hy die eerste Amerikaanse president van Rooms-Katolieke geloof
- The Fray
- The Fray is 'n rock musiekgroep vanuit Denver, Colorado, en bestaan uit vier groepslede. Hulle is veral bekend vir hul single Over My Head , wat in die top tien van die Billboard Hot 100 gekom het. Hierdie single was ook 'n treffer in Kanada, Australië en Nieu-Seeland. Die opvolger, How To Save A Life, had nog meer sukses en besorg hul album met 'n superverkoop van meer as 1,3 miljoen eksemplare. Die gelyknamige album kom so in die top vyftien van die Billboard 200 Album Chart
- Anaboom
- Die Anaboom - voorheen Acacia albida - is 'n boom wat aangetref word in die alluviale vloedvlaktes of langs die riviere en panne in Limpopo, Mpumalanga, KwaZulu-Natal asook Eswatini
- Wiskunde
- Wiskunde word algemeen gedefinieer as die studie van patrone in strukture, verandering en ruimte; meer informeel gestel, kan 'n mens sê dat dit die studie van "getalle en syfers" is. Uit die formele oogpunt gesien is dit die ondersoek van aksiomaties gedefinieerde abstrakte strukture deur gebruik te maak van simboliese logika en wiskundige notasie; ander uitgangspunte word in die filosofie van wiskunde bespreek. Wiskunde kan gesien word as 'n eenvoudige uitbreiding van gesproke en geskrewe tale, met 'n
- Herbert Hoover
- Herbert Clark Hoover was die 31ste President van die Verenigde State (1929–1933). Hoover, wat in 'n Kwakergesin gebore is, het 'n opleiding as mynbouingenieur gevolg. Hoover het tydens die Eerste Wêreldoorlog internasionale bekendheid verwerf met die hulp wat hy aan die bevolking van die oorloggeteisterde België verleen het. Voor en gedurende die oorlog het Hoover as hoof van die Verenigde State se Food Administration gedien
- Bosmirtebessie
- Die Bosmirtebessie is 'n klein tot middelgroot boom. Die boom kom verspreid voor deur kuswoud en afrikabergwoud vanaf Oos-Londen tot by die Lebomboberge en daar is ook 'n afgesonderde populasie op die oostelike hooglande van Zimbabwe. Die bas is gladderig ligbruin en kenmerkend is effens, hoekige gryserige takkies
- AC Milan
- AC Milan is 'n Italiaanse sokkerspan in die stad Milaan, wat in die Serie A uitdraf. AC Milan is een van die bekendste sokkerspanne in die wêreld en het reeds verskeie titels en pryse gewen. AC Milan deel sy tuisveld met hulle jarelange teenstander Internazionale. Die derby tussen die spanne staan bekend as die Derby della Madonnina
- Toerleier
- 'n Toerleier of toergids verskaf inligting en bystand aan mense op georganiseerde toere, individue kliënte en opleidingsinstansies by religieuse en historiese plekke, museums en by ander plekke van belang. Hulle het (normaalweg) 'n erkende nasionale of plaaslike toeriste-kwalifikasie. Diploma NQF-360 Krediete)nodig