2014 Top Ten of Conflict for Technology
- WhatsApp
- WhatsApp is 'n kitsboodskapdiens vir slimfone en uitgesoekte funksieselfone wat van die internet gebruik maak vir kommunikasie. Benewens kort teksboodskappe (SMS'e), kan gebruikers beelde, videogrepe en klankboodskappe aan mekaar stuur, sowel as hul plek aandui met behulp van die geïntegreerde karteringsfunksies
- Ontploffingsbeskerming
- Ontploffingsbeskerming berus op die beginsel dat daar drie komponente teenwoordig moet wees vir die ontstaan van 'n brand of ontploffing, naamlik 'n brandstof, suurstof en 'n ontstekingsbron. Sodra een van die drie verwyder word, is ontploffingsbeskerming toegepas. Die groep standaarde soos in SANS10108 uitgewys sluit nie plofstowwe in nie, hulle is hoofsaaklik onder SANS1717 gelys
- Wiki
- 'n Wiki of wiki is 'n webwerf wat 'n gebruiker toelaat om inhoud by te voeg, net soos in 'n Internetforum, maar maak ook die verandering daarvan deur enige ander gebruiker moontlik
- Dvorak-sleutelbord
- Die Dvorak vereenvoudigde sleutelbord is 'n sleutelborduitleg wat deur Drs. August Dvorak en William Dealy in die 1920's en die 1930's ontwerp is as 'n alternatief tot die steeds gewilde QWERTY-sleutelborduitleg
- Logiese hek
- 'n Logiese hek voer logiese bewerkings uit op een of meer logiese toevoere en lewer 'n enkele logiese afvoer. Die logika wat gewoonlik uitgevoer word is Boolse logika en word algemeen aangetref in digitale stroombane. Logiese hekke word hoofsaaklik elektronies met behulp van diodes of transistors aanmekaargesit, maar kan ook gebou word met relês, hidroliese, optiese of selfs meganiese elemente
- GNU-lisensie vir vrye dokumentasie
- Die GNU Vrye Dokumentlisensie is 'n kopielinkse lisensie vir vrye dokumentasie wat deur die Stigting vir Vrye Sagteware ontwerp is. Die lisensie is soortgelyk aan die GNU Algemene Publieke Lisensie en gee lesers die reg om die werk te kopieer, aan te pas en te versprei, maar vereis wel dat alle kopieë en afgeleide werke onder dieselfde lisensie beskikbaar gestel word. Kopieë mag ook verkoop word, maar indien die werk in groot hoeveelhede versprei word, moet die oorspronklike werk of bronkode ook
- Mozilla Firefox
- Mozilla Firefox is 'n vrye kruis-platform-webblaaier wat deur die Mozilla-stigting en honderde vrywilligers ontwikkel word. Dit is meer as vyf miljoen keer in die eerste 12 dae ná die vrystelling van weergawe 1.0 afgelaai, en meer as 20 miljoen keer in minder as 11 weke daarna. Dit maak Firefox een van die mees populêre, gratis oopbronprogramme, veral onder tuisgebruikers
- Internet
- Die Internet is ’n wêreldwye stelsel van rekenaarnetwerke wat met mekaar verbind is en data uitruil met behulp van die gestandaardiseerde TCP/IP-protokolsuite. Dis ’n netwerk van miljoene privaat en openbare rekenaars van akademiese, regerings- en sakenetwerke wat verbind word deur optiese vesel- en koperkabels of verskillende soorte kabellose verbindings
- Vrye sagteware
- Vrye sagteware verwys na sagteware wat vry is eerder as dat dit gratis of verniet is. Die gebruiker het die vryheid om die sagteware te gebruik, te kopieer, te versprei, te bestudeer, te verander of te verbeter
- Motorvoertuig
- 'n Motorvoertuig is 'n voertuig wat deur sy eie enjin aangedryf word en gebruik word om mense, diere en goedere te vervoer. Soms word die woorde 'motor', 'motorkar' en 'kar' gebruik as kort vir motorvoertuig. Verskillende tipes motorvoertuie sluit in motorkarre (sedans), busse, vragmotors, motorfietse en bakkies