2014 Top Ten of Conflict for Religion

Pandeïsme
Pandeïsme omskryf 'n geloofsiening of teologiese opvatting, waarvolgens die logiese verenigbare elemente van panteïsme en deïsme saamgevoeg word. Dit is die geloof dat die Skepper van die heelal in wese die Heelal geword het en dus opgehou bestaan het as 'n aparte bewuste entiteit
NG gemeente Coram Deo
Die NG Kerk Coram Deo is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Sinode Goudland
Boeddhisme
Boeddhisme is ’n Dharmiese geloof of filosofie. Dit sluit ’n verskeidenheid tradisies, gelowe en spirituele gebruike in wat grootliks geskoei is op die leringe van Gautama Boeddha, algemeen bekend as die Boeddha
Islam
Islam is een van die drie groot monoteïstiese godsdienste, saam met Christendom en Judaïsme. Volgelinge van Islam staan bekend as Moslems1
Christendom
Die Christendom is 'n religie wat bely dat Jesus Christus die Seun van God is en verlossing verkondig aan die volgelinge van hierdie geloof, wat as Christene bekend staan. Christene glo in een God as Drie-eenheid: God die Vader, God die Seun en die Heilige Gees. Dit is ook die grootste godsdiens in die wêreld. Die Bybel is Christene se heilige boek, hulle aanbid in kerke en die kruis is hul simbool. Die Bybel bestaan uit 39 Ou Testament en 27 Nuwe Testament boeke. 'n Belangrike onderdeel van die
Christene
Christene glo in die drie-enige God – Vader, Seun en Heilige Gees – Skepper van die hemel en die aarde en die Onderhouer van alle dinge. Hulle glo dat Jesus Christus, die Seun, sowat 2000 jaar gelede aan die kruis gesterf het om die sondige mens van sy sondes te verlos, opgestaan het uit die dood, opgevaar het na die hemel en op 'n dag sal terugkeer om die mensheid te oordeel
Belydenis van Belhar
Die Belharbelydenis is 'n Christelike geloofsdokument wat oorspronklik in Afrikaans geskryf is en deur die sinode van die Nederduitse Gereformeerde Sendingkerk in Suid-Afrika in 1986 as geloofsbelydenis aangeneem is
Jehovah se Getuies
Jehovah se Getuies is 'n Christelike gemeenskap wat in die 19de eeu deur Charles Taze Russell, 'n boorling van Pittsburgh (VSA), gestig is en in 2020 sowat 8,7 miljoen aktiewe lede gehad het. Die huidige internasionale hoofkwartier is in Warwick
Ware Jesuskerk
Die Ware Jesuskerk is deel van die Pinksterkerke. Die Ware Jesuskerk het ontstaan in 1917 in Beijing, onder die Engelse naam. Hulle glo eerstens in die Bybel en dat alles wat daarin staan waar is; dat mens ná bekering na Christendom gedoop word en daarna in tale kan begin praat wanneer die Heilige Gees in hulle leef. Hulle glo nie net dat mense genees kan word wanneer daar vir hulle gebid word nie, maar dit is algemeen om genesings, en ander wonderwerke te ervaar
Vyf Pilare van die Islam
Islam beteken die wil of wet van Allah soos wat hy dit aan die mensdom geopenbaar het deur die profete en spesifiek deur die "laaste profeet" – Mohammed. 'n Moslem is iemand wat hom of haar aan die wil van Allah onderwerp en leef soos Allah dit verwag. In die praktyk is daar vyf "moets" waarvolgens 'n Moslem moet leef om só die ewige lewe in die Paradys te verdien. Dit staan bekend as die vyf pilare van Islam