2014 Top Ten of Conflict for People
- Wladimir Poetin
- Wladimir Wladimirowitsj Poetin is ’n Russiese politikus. Hy was van 2000 tot 2008 die tweede president van Rusland en daarna vier jaar lank eerste minister onder Dmitri Medwedef. Met die presidentsverkiesing van 4 Maart 2012 is hy weer verkies tot president vir 'n verlengde termyn van ses jaar. Hy is op 7 Mei as president beëdig
- John F. Kennedy
- John Fitzgerald Kennedy, afgekort JFK, was van 20 Januarie 1961 tot sy sluipmoord op 22 November 1963 die 35ste president van die Verenigde State van Amerika. Ná Abraham Lincoln (1865), James Garfield (1881) en William McKinley (1901) is hy die vierde Amerikaanse president, wat vermoor is. Hy was die jongste president van die VSA wat in die amp oorlede is. Daarbenewens was hy die eerste Amerikaanse president van Rooms-Katolieke geloof
- William Shakespeare
- William Shakespeare was 'n Engelse digter en dramaturg en word as die belangrikste skrywer van die Engelse taal, en die wêreld se vernaamste dramaturg geag. Hy het ongeveer 38 toneelstukke en 154 sonnette asook 'n verskeidenheid ander gedigte geskryf. Shakespeare was reeds 'n gewilde skrywer in sy eie leeftyd, maar na sy dood is hy steeds meer geprys en sy werk is deur die eeue heen toenemend vereer deur talle prominente kulturele figure. Hy word gereeld beskou as die nasionale digter van Engeland en daar
- François Asselineau
- François Asselineau is 'n Franse politikus. Hy is die partyleier van die Republikeinse Volksunie, 'n party wat hom beywer vir die onttrekking van Frankryk uit die Europese Unie, die Eurosone en die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO).
Hy was 'n aangekondigde kandidaat vir die Franse presidentsverkiesing van 2012, maar hy kon nie die nodige 500 handtekeninge insamel om homself verkiesbaar te stel nie
- Lady Gaga
- Stefani Joanne Angelina Germanotta, beter bekend onder haar verhoognaam Lady Gaga is 'n Amerikaanse musikant en aktrise. Sy het begin deur in klubs in die New York Stad-area op te tree terwyl sy ook vir Interscope Records gewerk het as 'n liedjieskrywer vir verskeie gevestigde etikette, insluitende Akon. Nadat Akon Gaga hoor sing het, het hy haar 'n kontrak met sy eie plateëtiket, Kon Live Distribution, aangebied. Sy het toe aan haar eerste ateljeealbum begin werk
- Robbie Klay
- Robbie Klay is 'n Afrikaanse sanger en akteur. Hy sing al van vyfjarige ouderdom en sy eerste album, Kan 'n man dan nie, is uitgereik toe hy slegs 9 jaar oud was. Sy debuut as akteur was in die Afrikaanse TV-drama "Amalia", waar hy die rol van Buks van Wyk, Amalia se seun vertolk het. Hy het ook al op verskeie aktualiteitsprogramme soos Kwela, Geraas, Voorblad en KTV verskyn
- Behati Prinsloo
- Behati Prinsloo is 'n Namibiese foto- en loopplankmodel. Sy is veral bekend vir haar werk as model vir Victoria's Secret se subhandelsmerk Pink. Sy is getroud met die Amerikaanse musikant en akteur Adam Levine
- Lizz Meiring
- Lizz Meiring is 'n Afrikaanssprekende Suid-Afrikaanse aktrise, regisseur, teatervervaardiger, TV-aanbieder, seremoniemeester, spreker, kunsteaktivis, kreatiewe konsultant en skrywer. Benewens in Afrikaanse produksies, tree sy gereeld in Engelse produksies op en het ook al in Frans, Duits en Sotho gewerk. Haar bynaam is Bizzie Lizzie omdat sy soms aan tot ses of meer produksies tegelyk werk. Sy het al 19 toekennings ontvang vir haar werk as aktrise, skrywer, regisseur, vervaardiger en vir haar kulturele
- Brigitte Bardot
- Brigitte Bardot is 'n Franse aktrise, fotomodel en sangeres. Sy het in die vyftiger- en sestigerjare internasionaal bekendheid verwerf as 'n sekssimbool en vinnig 'n legende geword. Van die flieks waarin sy te sien was, is: And God Created Woman en Contempt
- Nelson Mandela
- Nelson Rolihlahla Mandela was die eerste staatshoof (1994–1999) van 'n volledig demokratiese Suid-Afrika. Hy is in 1999 as staatshoof deur Thabo Mbeki opgevolg