2014 Top Ten of Conflict for Health
- Ebola
- Ebola of Ebola hemorragiese koors is 'n ernstige menslike siekte wat deur die ebolavirus veroorsaak word. Die siekte veroorsaak 'n hoë sterftesyfer en daar is geen spesifieke behandeling of medisyne teen die virus beskikbaar nie. Die siekte is skaars en kom tipies in die vorm van plaaslike uitbrekings in lande in Sentraal-Afrika voor. Die naam ebola kom van die gelyknamige rivier in die Kongo waar 'n uitbraak in 1976 plaasgevind en ebola vir die eerste keer erken en bewys is
- Skrotum
- Die skrotum is die sak waarin die testikels (teelballe) hang. Dit bestaan uit 'n dun huidlaag met 'n spierlagie daaronder en is deur 'n tussenskot in twee verdeel. Dit kan beskryf word as 'n uitstulping van die abdomen van vel en spier waarin die testikels rus. Die anatomiese ligging daarvan is tussen die penis en die anus. By sekere soogdiere soos die mens, raak die basis van die skrotum bedek met pubiese hare wanneer puberteit aanbreek. Die leek verwar dikwels die skrotum met die testikels. Die skrotum
- MIV/vigs in Suid-Afrika
- MIV/vigs in Suid-Afrika is ’n onrusbarende gesondheidskwessie, omrede daar aangevoer word dat meer mense met vigs in Suid-Afrika besmet is as enige ander land ter wêreld
- Lys van veltoestande
- Hier volg 'n lys van veltoestande
- Aspergersindroom
- Aspergersindroom is 'n steuring binne die outismespektrum. Dit word hoofsaaklik gekenmerk deur 'n verminderde vermoë om met ander mense te kommunikeer of om ander mense se nie-verbale seine raak te sien
- Aandaggebrek-hiperaktiwiteitsteuring
- Aandaggebrek-hiperaktiwiteitsteuring, voorheen aandaggebreksindroom (AGS) en aandagafleibaarheidsindroom genoem, word grootliks beskou as 'n neurologiese steuring wat omtrent 5% van die wêreld se bevolking affekteer. Dit ontstaan reeds in die vroeë jare van 'n kind. Dit word geklassifiseer as patrone van aanhoudende verloor van aandag en/of hiperaktiwiteit, dit word gewoonlik verbind aan vergeetagtigheid en min beheer oor eie impulsiwiteit. AGHS word tans beskou as 'n toestand waarvoor daar geen mediese
- Ejakulasie
- Ejakulasie is die proses van die uitspuit van semen vanuit die penis. Dit gaan gewoonlik gepaard met ’n orgasme, wat weer teweeggebring word deur seksuele prikkeling. Seksuele prikkeling lei egter nie altyd tot ejakulasie nie. Ejakulasie kan ook voorkom gedurende die vinnigeoogbewegingsfase van slaap vanweë seksuele drome. Andersins gebeur dit soms tydens die massering van die prostaat. In skaars gevalle kan dit die gevolg van ’n siektetoestand van die prostaat wees. Ejakulasie word meestal
- Sigaret
- 'n Sigaret is 'n produk waarmee tabak wat in 'n dun papier toegerol is, gerook word. Die meeste sigarette bevat 'n "gerekonstitueerde tabak" -produk, bekend as "laken", wat bestaan uit herwinde tabakstingels, stukkies en versamelstof, waaraan gom, chemikalieë en vullers gevoeg word; die produk word dan met nikotien gespuit wat uit die tabakstukkies onttrek is en in krulle gevorm is
- Masels
- Masels is 'n bekende kindersiekte wat steeds in epidemies in ontwikkelende lande voorkom, ondanks die beskikbaarheid van doeltreffende entstof om die siekte te voorkom. In Suid-Afrika is daar byvoorbeeld 122 gevalle van masels aangemeld in die eerste helfte van 1999. Dit is 'n hoogs aansteeklike siekte wat met 'n hoë koors gepaard gaan en veroorsaak word deur 'n klein en baie aansteeklike virus, wat veral in die bloedstroom, die neusslym en die mond- en keelslymvlies setel
- Hallusinogeen
- 'n Hallusinogeen is 'n middel wat hallusinasies veroorsaak. Die woord hallusineer is afgelei van die Latynse woord "hallucinare", wat "ronddwaal in die gees" beteken. Dit laat mense dinge sien en hoor wat nie werklik bestaan nie. Hallusinogene is uiters gevaarlike gifstowwe wat verslawing of selfs dood kan veroorsaak