2014 Top Ten of Conflict for Geography

Suid-Afrika
Suid-Afrika, amptelik die Republiek van Suid-Afrika, is 'n republiek aan die suidpunt van Afrika. Dit grens in die noorde aan Namibië, Botswana en Zimbabwe, en in die noordooste aan Mosambiek en Eswatini. Lesotho vorm 'n enklawe binne die grense van Suid-Afrika
Kalifornië
Kalifornië is 'n deelstaat aan die suidelike weskus van die Verenigde State van Amerika (VSA). Dit is die grootste deelstaat ten opsigte van sy bevolking van sowat 39,3 miljoen en die derde grootste ten opsigte van sy oppervlak, na Alaska en Texas. Die staat grens in die ooste aan Nevada, in die noorde aan Oregon, en in die suidooste aan Arizona. Die Kaliforniese Kanaaleilande maak ook deel uit van die deelstaat
Georgië
Georgië is 'n Eurasiese land in die Kaukasus en is geleë aan die ooskus van die Swartsee. Sy buurstate sluit in Rusland (noord), Turkye en Armenië (suid) en Azerbeidjan (oos). Die hoofstad en grootste stad is Tbilisi; Koetaisi het vanaf Oktober 2012 tot Desember 2018 as regeringsetel gedien. Die land het ’n oppervlakte van 69 700 km² en ’n bevolking van omtrent 3,7 miljoen
Belgorod
Belgorod is 'n stad in die weste van Rusland en die grootste stad en hoofstad van die Belgorod-oblast. Belgorod het in 2014 'n bevolking van 379 135 gehad en lê 40 km noord van die Oekraïne. Die stad se naam beteken wit stad in Russies
Nepal
Nepal, amptelik die Federale Demokratiese Republiek Nepal, is 'n landingeslote land in Suid-Asië. Dit is tussen die Volksrepubliek China in die noorde en Indië in die suide binne die Himalaja geleë. Nepal beslaan 'n oppervlakte van 147 516 km² en het 'n bevolking van 30 666 598 in 2022 gehad. Die hoofstad en grootste stad is Katmandoe
Nederland
Nederland, informeel Holland, is 'n land in die noordweste van die Europese vasteland en bestaan uit 12 provinsies. Dit word begrens deur die Noordsee in die noorde en weste, België in die suide en Duitsland in die ooste; in die Noordsee grens Nederland ook aan die Verenigde Koninkryk. Die hoofstad is Amsterdam en die regeringsetel is Den Haag. Die Karibiese eilande Bonaire, Saba en Sint Eustatius maak ook deel van Nederland uit. Saam met die Karibiese eilande Aruba, Curaçao en Sint Maarten vorm
Oekraïne
Oekraïne is 'n land in Oos-Europa wat in die suide aan die Swartsee, in die ooste aan Rusland, in die noorde aan Belarus en in die weste aan Pole, Slowakye, Hongarye, Roemenië en Moldowa grens
Kanada
Kanada, histories die Dominium Kanada, is die mees noordelike land in Noord-Amerika asook die wêreld, met 'n oppervlakte van 9 984 670 km² en 'n bevolking van sowat 38 miljoen. Dit is 'n gedesentraliseerde federasie van 10 provinsies en 3 gebiede wat as 'n federale parlementêre demokrasie en grondwetlike monargie geregeer word. Die huidige konfederasie het sy oorsprong in die Dominion of Canada wat op 1 Julie 1867 as selfregerende gebied binne die destydse Britse Ryk gestig is
Hongarye
Hongarye is 'n landingeslote land in Sentraal-Europa wat 'n groot deel van die Pannoniese Laagvlakte beslaan. Die land grens aan Oostenryk, Slowakye, Oekraïne, Roemenië, Serwië, Kroasië en Slowenië. Dit staan in eie land bekend as die Land van die Magyare of Magyarország
Afrika
Afrika is die wêreld se tweede grootste kontinent in sowel oppervlakte as bevolking. Saam met die eilande beslaan dit ongeveer 30 221 532 km² wat 20,3% van die totale landoppervlakte van die aarde is en dit word bewoon deur meer as 1 miljard mense – ongeveer 'n sewende van die wêreldbevolking