2014 Top Ten of Conflict for Culture

Mikrofoon
'n Mikrofoon is 'n elektromagnetiese onderdeel wat geluid in 'n elektriese sein omskakel sodat die klank vir versterking plaaslik en/of elders weergegee kan word, asook om 'n geluidsopname mee te maak
Harry Potter
Harry Potter is die titel van 'n reeks van sewe fantasieromans geskryf deur die Britse skryfster J.K. Rowling, asook die naam van die hoofkarakter in die romans. Die boeke handel oor die avonture van 'n jong towenaar en sy vriende Ron Weasly en Hermione (Hermien) Granger. Gebeure in die verhaal speel meestal af by Hogwarts Skool vir Heksery en Towerkuns, 'n akademie vir jong towenaars en hekse. Die sentrale konflik waarin Harry gewikkel is, is teen 'n bose towenaar, die Heer Voldemort, wat Harry se ouers
Selfie
'n Selfie is 'n foto wat iemand van hom- of haarself neem. Die persoon wat die foto neem is dus self op die foto sigbaar. So 'n selfie word gewoonlik met 'n selfoon of digitale kamera geneem. Die gebruik is veral gewild by jongmense
The Fray
The Fray is 'n rock musiekgroep vanuit Denver, Colorado, en bestaan uit vier groepslede. Hulle is veral bekend vir hul single Over My Head , wat in die top tien van die Billboard Hot 100 gekom het. Hierdie single was ook 'n treffer in Kanada, Australië en Nieu-Seeland. Die opvolger, How To Save A Life, had nog meer sukses en besorg hul album met 'n superverkoop van meer as 1,3 miljoen eksemplare. Die gelyknamige album kom so in die top vyftien van die Billboard 200 Album Chart
Suid-Afrikaanse militêre dekorasies: 1975-2003
In 1975 het die Suid-Afrikaanse regering die destyds bestaande reeks dekorasies en medaljes vir die Suid-Afrikaanse Weermag ingrypend verander. Die meeste toekennings is afgeskaf, en nuwes is ingestel. Addisionele dekorasies en medaljes is tussen 1987 en 1991 ingestel. Hierdie reeks toekennings is in 1994 deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag oorgeneem en is in 2003 deur 'n heeltemaal nuwe reeks vervang
Kitaar
Die kitaar, of ghitaar, is 'n snaarinstrument wat in 'n verskeidenheid musiekstyle gebruik word. Dit is een van die hoofinstrumente in blues-, country-, flamenco-, pop- en rockmusiek. Die kitaar het gewoonlik ses snare, maar daar bestaan ook kitare met vier, sewe, agt, tien en twaalf snare
Galatasaray
Galatasaray Spor Kulübü is 'n Turkse sportklub in die stad Istanboel wat bekend is vir hulle sokker afdeling. Galatasaray is in 1905 gestig deur Ali Sami Yen en sy maters van die Galatasaray hoërskool. Galatasaray is die suksesvolste klub in die geskiedenis van Turkse sokker, en het meer bekers as enige ander Turkse klub gewen
Feyenoord
Feyenoord is 'n sokkerspan in die stad Rotterdam in Nederland. Feyenoord is in 1908 gestig
Afrikaans
Afrikaans is tipologies beskou 'n Indo-Europese, Wes-Germaanse, Nederfrankiese taal, wat aan die suidpunt van Afrika onder invloed van verskeie ander tale en taalgroepe ontstaan het. Afrikaans is op 8 Mei 1925 as 'n amptelike taal van Suid-Afrika erken en is tans die derde jongste Germaanse taal wat amptelike status geniet, naas Faroëes wat in 1948 grondwetlik erken is en Luxemburgs wat hierdie status in 1984 verkry het
Animasie
Animasie is die vinnige vertoning van 'n reeks beelde van tweedimensionele kunswerke of modeleposisies in 'n poging om die illusie van beweging te skep. Dit is dus 'n optiese illusie wat waargeneem word as gevolg van die volharding van visie en kan geskep en gedemonstreer word op verskillende maniere. Die algemeenste metode van vertoning is as 'n rolprent of videoprogram, alhoewel daar ook verskeie ander vorms bestaan waarop animasie voorgestel kan word