2014 Top Ten of Conflict
- Suid-Afrika
- Suid-Afrika, amptelik die Republiek van Suid-Afrika, is 'n republiek aan die suidpunt van Afrika. Dit grens in die noorde aan Namibië, Botswana en Zimbabwe, en in die noordooste aan Mosambiek en Eswatini. Lesotho vorm 'n enklawe binne die grense van Suid-Afrika
- Mikrofoon
- 'n Mikrofoon is 'n elektromagnetiese onderdeel wat geluid in 'n elektriese sein omskakel sodat die klank vir versterking plaaslik en/of elders weergegee kan word, asook om 'n geluidsopname mee te maak
- Wladimir Poetin
- Wladimir Wladimirowitsj Poetin is ’n Russiese politikus. Hy was van 2000 tot 2008 die tweede president van Rusland en daarna vier jaar lank eerste minister onder Dmitri Medwedef. Met die presidentsverkiesing van 4 Maart 2012 is hy weer verkies tot president vir 'n verlengde termyn van ses jaar. Hy is op 7 Mei as president beëdig
- Somertyd
- Somertyd is die tydsone wat aan 'n streek toegeken word vir 'n gedeelte van die jaar, gewoonlik 'n uur vorentoe vanaf die standaard amptelike tydsone
- John F. Kennedy
- John Fitzgerald Kennedy, afgekort JFK, was van 20 Januarie 1961 tot sy sluipmoord op 22 November 1963 die 35ste president van die Verenigde State van Amerika. Ná Abraham Lincoln (1865), James Garfield (1881) en William McKinley (1901) is hy die vierde Amerikaanse president, wat vermoor is. Hy was die jongste president van die VSA wat in die amp oorlede is. Daarbenewens was hy die eerste Amerikaanse president van Rooms-Katolieke geloof
- William Shakespeare
- William Shakespeare was 'n Engelse digter en dramaturg en word as die belangrikste skrywer van die Engelse taal, en die wêreld se vernaamste dramaturg geag. Hy het ongeveer 38 toneelstukke en 154 sonnette asook 'n verskeidenheid ander gedigte geskryf. Shakespeare was reeds 'n gewilde skrywer in sy eie leeftyd, maar na sy dood is hy steeds meer geprys en sy werk is deur die eeue heen toenemend vereer deur talle prominente kulturele figure. Hy word gereeld beskou as die nasionale digter van Engeland en daar
- Kalifornië
- Kalifornië is 'n deelstaat aan die suidelike weskus van die Verenigde State van Amerika (VSA). Dit is die grootste deelstaat ten opsigte van sy bevolking van sowat 39,3 miljoen en die derde grootste ten opsigte van sy oppervlak, na Alaska en Texas. Die staat grens in die ooste aan Nevada, in die noorde aan Oregon, en in die suidooste aan Arizona. Die Kaliforniese Kanaaleilande maak ook deel uit van die deelstaat
- Georgië
- Georgië is 'n Eurasiese land in die Kaukasus en is geleë aan die ooskus van die Swartsee. Sy buurstate sluit in Rusland (noord), Turkye en Armenië (suid) en Azerbeidjan (oos). Die hoofstad en grootste stad is Tbilisi; Koetaisi het vanaf Oktober 2012 tot Desember 2018 as regeringsetel gedien. Die land het ’n oppervlakte van 69 700 km² en ’n bevolking van omtrent 3,7 miljoen
- WhatsApp
- WhatsApp is 'n kitsboodskapdiens vir slimfone en uitgesoekte funksieselfone wat van die internet gebruik maak vir kommunikasie. Benewens kort teksboodskappe (SMS'e), kan gebruikers beelde, videogrepe en klankboodskappe aan mekaar stuur, sowel as hul plek aandui met behulp van die geïntegreerde karteringsfunksies
- Waterbesoedeling
- Waterbesoedeling is die besoedeling van watermassa. Waterbesoedeling kom voor wanneer die besoedelende stof direk of indirek in die watermassa beland sonder voldoende behandeling om die skadelike stof te verwyder