2013 Top Ten of Polemic for Technology
- Rekeningkundige pakket
- Rekeningkundige pakkette is rekenaarsagteware wat rekeningkundige funksies elektronies verrig. Toepaslike finansiële data en inligting word byeengebring, geklassifiseer, verwerk en ontleed
- Kwinana-ontsoutingsaanleg
- Die Kwinana ontsoutingsaanleg is suid van Perth in Wes-Australië geleë. Die aanleg maak sowat 140 000 m3 drinkwater per dag vanuit seewater en voorsien die Perth metropoolse gebied van water
- MPEG-2 Oudio Laag 3
- Modeontwerp
- Modeontwerp is 'n toegepaste kuns wat konsentreer op die ontwerp van klere en bykomstighede, wat gewoonlik onder die sosiale en kulturele invloed van 'n spesifieke tyd geskep word
- Mikroverwerker
- 'n Mikroverwerker is die hart van die gewilde mikrorekenaars wat byvoorbeeld vir videospeletjies en persoonlike rekenaars gebruik word. Dit is 'n elektroniese komponent met 'n geïntegreerde stroombaan, waarvan die individuele komponente mikroskopies klein is - vandaar die gebruik van die voorvoegsel mikro
- Parker Duofold
- Die Parker Duofold is een van die bekendste vulpuntpenne ter wêreld. Die Duofold het sy verskyning in 1921 gemaak en was eers net in rooi beskikbaar. Dit het 'n fortuin gekos, omtrent R300,00 per pen. Al was die pen gemik op die hoër inkomstegroep, het dit baie populêr geword. Doufolds is steeds in produksie en vorm 'n groot deel van Parker se verkope
- Renault Mégane
- Renault Mégane is 'n kompakte gesinsmotor wat deur die Franse motormaatskappy Renault vervaardig word. Die reeks bestaan uit die Mégane luikrug, sedan, Scenic en die Mégane Sport. Die Méganemotors strek vanaf 'n 1500 cc dieselenjin tot die 2000 cc turbo-enjin wat in die Mégane Sport diens doen. Ander spesifikasies is die 1600 cc, 2000 cc petrol en die 1900 cc diesel. Die standaard 1600 cc Mégane petrolenjin lewer 'n drywing van 83 kW, maar die topmodel Mégane Sport lewer 'n volle 165 kW uit sy 2000
- Siemens (eenheid)
- Die siemens is die SI-eenheid vir die elektriese geleidingsvermoë en kom ooreen met
- Internetdienste
- 'n Internetdiens is 'n komponent in 'n diensgeoriënteerde argitektuur, en bestaan uit sagteware op 'n webbediener wat gekenmerk word daaraan dat dit deur middel van 'n internetprotokol kommunikeer en dat dit data stuur en ontvang deur middel van 'n XML-dokument
- Spin
- Spin is 'n proses waardeur 'n veseldraad uit wol-, katoen- of sintetiese vesels gedraai word. Die moderne meganiese spinproses het uit die eenvoudige hand- en wielspinproses ontwikkel. Met gevorderde spinmasjiene is dit moontlik om veseldraad met noukeurige afmetings te vervaardig