2013 Top Ten of Polemic for Society
- Kapitalisme
- Kapitalisme is 'n ekonomiese stelsel waar mense vry is om hul arbeid en ware teen die hoogste prys wat hulle daarvoor kan kry, te verkoop. Die regering meng so min moontlik met die stelsel in. Kapitalisme gee mag aan diegene wat rykdom het en diegene wat dit beheer. Privaat eiendom is 'n basiese deel van hierdie rykdom. Die belangrikste uitdagings vir die kapitalistiese stelsel gedurende die eerste helfte van die twintigste eeu was onder meer die stigting van die eerste kommunistiese staat en die
- Administratiefreg
- Administratiefreg dek 'n baie wye veld en is soms moeilik omskryfbaar. Dit behels gewoonlik die optrede van die uitvoerende gesag van 'n staat.
Dit is al die reëls wat aan regsubjekte die bevoegdheid verleen om op te tree. Dit skryf verder ook die prosedures voor hoe opgetree moet word en verseker dat derglike optredes binne perke is
- Verve Energy
- Verve Energy is 'n maatskappy wat deur die regering van Wes-Australië besit word. Die maatskappy is van die groot vertikale monopolie, Western Power afgestig in 2006 tydens 'n hervormingsprogram van die staat se energiesektor. Verve Energy besit en bedryf verskeie kragsentrales
- Ondernemingsfinansiering
- Ondernemingsfinansiering of korporatiewe finansiering is die afdeling in ondernemings wat verantwoordelik is vir die voorsiening en benutting van kapitaal, beheer oor kontantvloei, kosteberekening en kostebeheer, en skakeling met finsansiële instellings en beleggers. Die eienaar kan die kapitaal voorsien, of kan dit by instellings leen. Die aktiwiteite van hierdie funksie is om te bepaal hoeveel fondse nodig is om die onderneming te bedryf, wanneer en in watter vorm die fondse verkry sal word, en hoe
- Burgernet
- Burgernet is 'n samewerkingsooreenkoms van burgers en polisie in Nieuwegein, Nederland. Dit is gestig om kinders op te spoor, kriminele op heterdaad te betrap, verdwaalde oumense te vind, gesteelde motors te vind, ens. By Burgernet deel die polisie met 'n meldkamerstelsel tegelyk met baie burgers inligting na aanleiding van noodroepe. Die burgers, wat tydens 'n Burgernetaksie gebel word, is mense wat hulle aangemeld het om aan die Burgenet-stelsel deel te neem en wat in die onmiddellike omgewing van die
- Wêreldberaad oor volhoubare ontwikkeling
- Die Verenigde Nasies se Stockholm-konferensie in 1972 oor die menslike omgewing het vir die eerste keer van die omgewing 'n internasionale kwessie gemaak. Die volgende groot deurbraak was die eerste Wêreldberaad vir Volhoubare Ontwikkeling wat in 1992 in Rio de Janeiro gehou is. By dié byeenkoms het wêreldleiers en rolspelers uit die meeste wêreldlande ooreengekom op 'n strategie of globale aksieplan vir volhoubare ontwikkeling, bekend as Agenda 21. Agenda 21 het die volgende aspekte uitgelig as dinge
- Hortologie
- Hortologie of tuinbou is die tak van landbou wat handel oor die kuns, wetenskap, tegnologie en besigheid van plantverbouing
- Dot-comvoorspoedgolf
- Die "dot-com voorspoedgolf" was 'n spekulatiewe finansiële voorspoedgolf wat rofweg tussen 1995-2001 voorgekom het, toe aandelemarkte in die Westerse lande ongekende groei beleef het in veral die internetsektor en verwante markte
- Märklin
- Märklin is 'n Duitse speelgoedmaatskappy en een van die voorlopers in die vervaardiging van modeltreine
- Oligopolie
- Die woord oligopolie kom van die Griekse woord oligoi, wat "min" beteken, en polein, wat "verkoop" beteken. Onder oligopolie word die mark deur 'n paar groot firmas oorheers. Wanneer daar slegs twee firmas in die bedryf is, word dit 'n duopolie genoem. Die produk kan homogeen wees, maar dit is gewoonlik heterogeen. Wanneer die produk homogeen is, word die mark as 'n suiwer oligopolie beskryf, en wanneer die produk heterogeen is, word die mark 'n gedifferensieerde oligopolie genoem. Oligopolie is die