2013 Top Ten of Polemic for Nature
- Laingsburgvloed
- Een van die bekendste vloedrampe in Suid-Afrika is die Laingsburgvloed. Laingsburg is in 1881 op die noordelike bank van die Buffelsrivier ontwikkel en het oorspronklik bekend gestaan onder die naam Buffelsrivier. Die dorp het ontwikkel as ’n oase vir reisigers wat deur die dorre Karoo gereis het
- Aardse agtergrondbestraling
- Aardse agtergrondbestraling verwys na die bestraling afkomstig uit radioaktiewe materiaal op die aarde. Radioaktiewe materiaal word oral in die natuur gevind. Dit kom natuurlik voor in die grond, rotse, water, lug en plante. Die grootste bekommernis oor radionukliede vir aardse bestraling is algemene elemente met klein hoeveelhede radioaktiewe isotope, soos kalium en koolstof, of skaarse dog uiters radioaktiewe elemente soos uraan, torium, radium en radon. Die meeste van hierdie bronne is egter aan die
- Tydlyn vir biologie en organiese chemie
- Die tydlyn vir biologie en organiese chemie sluit die volgende gebeure in.1951- Die Hongaarse Bioloog Ludwig von Bertalanffy brei algemene stelselteorie uit om biologiese stelsels in te sluit, waarna stelselteorie tot gewildheid bevorder is deur 'n elektriese ingenieur, Lofti
- Natuurlike agtergrondstraling
- Natuurlike agtergrondstraling kom van twee primêre bronne, naamlik kosmiese straling en aardse bronne. Die wêreldwye gemiddelde agtergrondstralingsdosis vir 'n mens is ongeveer 2,4 millisievert (mSv) per jaar. Hierdie blootstelling is meestal afkomstig van kosmiese straling en natuurlike isotope op die aarde. Dit is baie meer as die blootstelling aan mensgemaakte agtergrondstraling. Laasgenoemde per persoon in 2000 was ongeveer 0,01 mSv, afkomstig van historiese kernwapentoetse, kernongelukke en
- Suiwer stof
- 'n Suiwer stof is 'n stof wat nie fisies in twee of meer stowwe geskei kan word nie. Wanneer stowwe fisies geskei word, word dit gedoen met behulp van byvoorbeeld handsortering of filtrasie. Suiwer stowwe kan chemiese elemente òf chemiese verbindings wees. Chemiese elemente is in hul eenvoudigste vorm en kan nie deur chemiese metodes in eenvoudiger stowwe opgebreek word nie. Chemiese verbindings is op molekuulvlak en kan deur middel van chemiese metodes verder opgebreek word totdat ál die elemente tot in
- Ioniserende straling
- Ioniserende straling is 'n tipe energie wat deur radioaktiewe atome afgegee word. Ioniserende straling bevat genoeg energie om atome te ioniseer, dit wil sê, dit het genoeg energie om elektrone te verwyder uit die atome in die materiale wat dit binnedring. Ioniserende straling se vermoë om te ioniseer maak dit potensieel skadelik vir lewe. Ionisasie veroorsaak dat chemiese bindings opbreek. Wanneer chemiese bindings opbreek, kan ander nuwe verbindings vorm. Sekere nuwe chemiese stowwe wat op hierdie
- Valensie
- In chemie verwys die term valensie na die aantal ongepaarde elektrone van 'n element, bv. suurstof = 2, natrium = 1, chloor = 1, ens. Die valensiegetal vir die elemente in groepe een tot vier stem ooreen met die groepnommer, en vir groepe vyf tot ses is dit agt minus die groepnommer. Hierdie term moet nie met valenselektrone verwar word nie
- Vermikuliet
- Vermikuliet is 'n mineraal wat gebruik word as grondaanvullers in landbou en tuinbou en as isolasiemiddel in die boubedryf in mure, vloere en plafonne. Vermikuliet is 'n silikaatmineraal, en geklassifiseer as 'n fillosilikaat
- Bioenergie
- Bioenergie is hernubare energie wat uit materiale met biologiese oorsprong verkry word. In sy nouste begrip is bioenergie sinoniem met biobrandstof – brandstof wat vanuit biologiese bronne afkomstig is. In 'n meer breër begrip verwys dit ook na biomassa – die biologiese materiaal wat as biobrandstof gebruik word – asook die sosiologiese, ekonomiese, wetenskaplike en tegnologiese studies wat op die verbruik van biologiese bronne vir energie fokus. Daar bestaan 'n effense tendens om eerder
- Kompetisie (natuurverskynsel)
- Kompetisie is 'n wisselwerking waardeur albei betrokke organismes benadeel word. Kompetisie ontstaan wanneer 'n aantal organismes gelyktydig afhanklik is van die een of ander gemeenskaplike en beperkte hulpmiddel of bron. Enkele voorbeelde is die kompetisie tussen diere met 'n beperkte voedselbron, watervoorraad, skuiling of voortplantingsruimte, en tussen plante om genoeg sonlig of groeiruimte te bekom. Kompetisie verskerp indien die behoeftes van die kompeterende organismes identies is en waaróm