2013 Top Ten of Polemic for Mathematics
- Kubieke meter
- Kubieke meter (m³) is 'n inhoudsmaat en stem ooreen met die inhoud van 'n kubus van 1 m lank, breed en hoog. 1 m³ stem ooreen met 1 000 liter
- Aksiomatiese stelsel
- 'n Aksiomatiese stelsel in wiskunde, is 'n versameling 'aannames' of 'aksiomas', waarvan stellings logies afgelei kan word. 'n Wiskundige teorie bestaan uit 'n vesameling aksiomas en alle stellings wat logies van die aksiomas afgelei kan word. Die klassieke voorbeeld van 'n aksiomatiese stelsel is die van Euklidiese meetkunde
- Cartesiese koördinatestelsel
- In wiskunde word die Cartesiese koördinatestelsel gebruik om elke punt in 'n vlak uniek te bepaal deur twee getalle, gewoonlik die x-koördinaat en die y-koördinaat van die punt. Om die koördinate te definieer word twee gerigte lyne loodreg met mekaar, sowel as die eenheid-lengte, wat op die twee asse gemerk word, gespesifiseer. Cartesiese koördinatestelsels word ook in ruimte en in hoër dimensies
- Publiekesleutelkriptografie
- Publiekesleutelkriptografie (PSK), wat ook bekend staan as asimmetriesekriptografie, is 'n vorm van kriptografie waar 'n gebruiker 'n kriptografiese sleutelpaar het, naamlik 'n publieke sleutel en 'n private sleutel. Die idee is dat die private sleutel ten alle tye geheim gehou word en dus slegs aan een entiteit behoort en slegs daardie entiteit het toegang tot die private sleutel. Die publieke sleutel, aan die ander kant, kan vrylik versprei word maar tipies slegs aan die relevant partye. Hierdie twee
- Differensiaalrekening
- Die differensiaalrekening is in wiskunde een van die hoofvelde van analise. Die sentrale tema van die differensiaalrekening is die berekening van lokale veranderinge van funksies, soos hulle hellings en raaklyne. Dit is nou verwant aan die integraalrekening, waarmee dit saam onder die begrip infinitesimaalrekening of kalkulus saamgevat kan word
- Wiskunde
- Wiskunde word algemeen gedefinieer as die studie van patrone in strukture, verandering en ruimte; meer informeel gestel, kan 'n mens sê dat dit die studie van "getalle en syfers" is. Uit die formele oogpunt gesien is dit die ondersoek van aksiomaties gedefinieerde abstrakte strukture deur gebruik te maak van simboliese logika en wiskundige notasie; ander uitgangspunte word in die filosofie van wiskunde bespreek. Wiskunde kan gesien word as 'n eenvoudige uitbreiding van gesproke en geskrewe tale, met 'n
- Punt (meetkunde)
- In Meetkunde is 'n punt 'n 0-dimensionele wiskundige voorwerp wat in 'n n-dimensionele ruimte deur n koördinate gespesifiseer kan word. Dit definieer dus 'n presiese ligging in ruimte en het geen volume, oppervlak of lengte nie. Punte word as 'n basiese element in die taal van meetkunde, fisika, vektorgrafika en talle ander velde gebruik. Die basiese meetkundige strukture in hoër dimensies – die lyn, vlak, ruimte en hiperruimte – word deur oneindige aantal punte wat op spesifieke maniere gerangskik
- Zenon se paradokse
- Zenon se paradokse is 'n stel probleme wat volgens algemene beskouing deur Zenon van Elea saamgestel is, ter ondersteuning van Parmenides se lering van "alles is een" en dat, in teëstelling met sintuiglike getuienis, die geloof in meervoudigheid en verandering onjuiste bevindings is, en meer spesifiek dat beweging niks meer as 'n denkbeeld is nie. Dit word gewoonlik aanvaar, gebaseer op Plato se Parmenides 128c-d, dat Zenon die opstel van hierdie teëstellings onderneem het as 'n projek, weens die
- Omwentelinge per minuut
- Omwentelinge per minuut en dikwels na verwys as toere is 'n eenheid van frekwensie wat gewoonlik gebruik word om omwentelingsnelheid te meet, veral in die geval van omwentelinge rondom 'n vaste as. Dit verteenwoordig die aantal volle draaie wat 'n voorwerp in 'n minuut maak
- Vierkant
- 'n Vierkant is 'n vierhoek met vier sye wat almal ewe lank is en vier regte hoeke tussen die sye