2013 Top Ten of Polemic for History

Transvaal Scottish
Die Transvaal Scottish is 'n reserwemagregiment in die Suid-Afrikaanse Infanteriekorps van die Suid-Afrikaanse Leër, met hoofkwartier in Johannesburg. Dit bestaan sedert 1902 en het 'n geskiedenis wat aktiewe deelname aan die Eerste Wêreldoorlog, die Witwatersrand-opstand, die Tweede Wêreldoorlog, die Grensoorlog, en die Noodtoestand insluit. Die regiment het verskeie gevegsonderskeidings verwerf, en oor die jare is baie lede met dekorasies vereer. Sy leuse is Alba nam buadh. Hy dra die Murray-tartan
Prince Alfred's Guard
Prince Alfred's Guard is 'n reserwemagregiment in die Suid-Afrikaanse Pantserkorps van die Suid-Afrikaanse Leër, met hoofkwartier in Port Elizabeth. Dit bestaan sedert 1856 en het 'n geskiedenis wat aktiewe deelname aan verskeie koloniale veldslae, die Tweede Vryheidsoorlog, die Eerste Wêreldoorlog, die Tweede Wêreldoorlog, die Grensoorlog, en die Noodtoestand insluit. Die regiment het verskeie gevegsonderskeidings verwerf, en oor die jare is baie lede met dekorasies vereer
Zonderwater-krygsgevangenekamp
Zonderwater krygsgevangenekamp was 'n kryggevangenekamp naby Cullinan waar 'n groot aantal Italiaanse krygsgevangenes tussen 1941 en 1947 aangehou is. Die krygsgevangenes is tydens die Tweede Wêreldoorlog uit Noord-Afrika na Suid-Afrika gestuur
Buffalo Volunteer Rifles
Die Buffalo Volunteer Rifles is 'n reserwemagregiment in die Suid-Afrikaanse Infanteriekorps van die Suid-Afrikaanse Leër, met hoofkwartier in Oos-Londen. Dit bestaan sedert 1876 en het 'n geskiedenis wat aktiewe deelname aan verskeie koloniale veldslae, die Tweede Vryheidsoorlog, die Eerste Wêreldoorlog, die Tweede Wêreldoorlog, die Grensoorlog, en die Noodtoestand insluit. Die regiment het verskeie gevegsonderskeidings verwerf, en oor die jare is baie lede met dekorasies vereer. Sy leuse is Nunc
First City
Die First City is 'n reserwemagregiment in die Suid-Afrikaanse Infanteriekorps van die Suid-Afrikaanse Leër, met hoofkwartier in Grahamstad. Dit bestaan sedert 1875 en het 'n geskiedenis wat aktiewe deelname aan verskeie koloniale veldslae, die Tweede Vryheidsoorlog, die Eerste Wêreldoorlog, die Tweede Wêreldoorlog, die Grensoorlog, en die Noodtoestand insluit. Die regiment het verskeie gevegsonderskeidings verwerf, en oor die jare is baie lede met dekorasies vereer. Sy leuse is Virtute et opera
Gewere-oorlog
Die sogenaamde Gewere-oorlog was 'n gewapende konflik tussen die Kaapkolonie en die Basotho's in Basotholand vanaf September 1880 tot Junie 1881. Die oorlog is geveg oor die reg van die Basotho om vuurwapens te besit. Alhoewel die konflik amptelik as gelykop beskou word, het die finale skikking die Basotho bevoordeel
Demokratiese Party (1973)
Die Demokratiese Party was 'n politieke party in Suid-Afrika van 1973 tot 1977
Kasteel
Die terme kasteel en burg verwys in Europa na die adellike vesting van die Hoë Middeleeue wat om politieke, strategiese en militêre redes opgerig is, byvoorbeeld om 'n bepaalde gebied te oorheers, maar wat terselfdertyd ook as woonplek van 'n adellike gesin en sy hofhouding gedien het. Die Nederlandse en Afrikaanse woord kasteel is afgelei van Middelnederlands casteel, Pikardies castel en Latyns castellum
Saterdag
Saterdag is die weeksdag tussen Vrydag en Sondag. Die naam is uniek tussen al die ander dagname, omdat dit afkomstig is van die Romeinse god Saturnus, terwyl die ander ses afkomstig van Saksiese gode is. Die naam beteken "Saturnus se dag
Kalmarunie
Die Kalmarunie het die drie koninkryke van Denemarke, Noorweë en Swede in 1397 onder een monarg verenig. Die lande het hulle soewereiniteit maar nie hulle onafhanklikheid prysgegee nie. Sweedse ontevredenheid oor die Deense gesentraliseerde bestuur het dan ook gelei tot konflik wat sou lei tot die uitmekaarval van die unie in 1532