2013 Top Ten of Polemic for Health
- Psigodinamiese terapie
- Psigodinamiese terapie is 'n vorm van diepte-sielkunde. Die primêre fokus is om die onbewuste inhoud van 'n pasiënt se psige te openbaar in 'n poging om psigiese spanning te verlig. Dit hou dus verband met psigoanalise, maar is gewoonlik van korter duur en minder intensief as psigoanalise. Psigodinamiese terapie maak ook meer gebruik van die interpersoonlike verhouding tussen die pasiënt en terapeut. Die benadering is ook gewoonlik meer eklekties en maak gebruik van tegnieke uit verskillende bronne
- Insulienweerstandigheid
- Insulienweerstandigheid is die toestand waar normale hoeveelhede van die hormoon insulien onvoldoende is om 'n normale insulienrespons in vet-, spier- en lewerselle te veroorsaak. In die vetselle lei dit tot hidrolise (afbraak) van gestoorde trigliseriede, wat weer die vry vetsure in die bloedplasma verhoog. In spierweefsel veroorsaak insulienweerstandigheid dat minder glukose opgeneem word, en in die lewer word minder glukose gestoor. Albei hierdie effekte lei tot 'n toename in bloedglukose (bloedsuiker
- Lys van longsiektes
- Hier volg 'n lys van longsiektes:Laringites
Tracheites
Brongitis
Brongiolites
Asma
pneumonia
Pneumokonioses
Pleurites
Empieem
- Plasmodium falciparum
- Plasmodium falciparum is die malariaparasiet wat verantwoordelik is vir 80% van alle sterftes wat toegeskryf kan word aan malaria. Die organisme is vanaf die phyllum Apicomplexa wat gekenmerk word deur teenwoordigheid van 'n chloroplasagtige organel genaamd die apikoplas. Die apikoplas is verantwoordelik vir die metabolisme van heem wat uit die gasheer se rooibloedselle verkry word
- Psigiatrie
- Psigiatrie is dié vertakking van geneeskunde wat bemoeid is met die wetenskap en praktyk van die behandeling van kognitiewe, emosionele, of gedragsversteurings. 'n Psigiater is gemagtig om met die bepaalde mediese opleiding medisyne aan die pasiënt voor te skryf. Daarteenoor is 'n sielkundige iemand wat in die vakgebied sielkunde bekwaam is. 'n Kliniese sielkundige is gespesialiseerd in psigoterapie, en kan nie medisyne voorskryf nie
- Kardiopulmonêre resussitasie
- Kardiopulmonêre resussitasie is 'n kombinasie van reddingsasemhaling en borsdrukke wat op 'n pasiënt met klaarblyklike hartstilstand toegepas word. Dit is 'n noodhulptegniek wat poog om die pasiënt by te bring of sy sirkulasie aan die gang te hou tot gespesialiseerde hulp opdaag
- Chroniese siekte
- 'n Chroniese siekte is 'n siekte wat vir 'n lang tyd voortduur of oor 'n lang tydperk weer en weer voorkom. Sommige van die algemeenste chroniese siektes is asma en hipertensie
- Mans se gesondheidsrisiko's
- Syfers vir die 15 hoof-sterfteoorsake van die algehele Amerikaanse bevolking is hoër onder mans as onder vroue. Mans sterf gemiddeld bykans sewe jaar vroeër as vroue. Mans is ook meer vatbaar vir kroniese siektes en troumatiese breinbeserings; of om van verworwe immuniteitsgebreksindroom (vigs) om te kom. Mans is geneig om minder oefening in te kry en om oor die algemeen oorgewig te wees. Hulle sal ook nie sommige aanvullingsmiddels, soos vitamiene, inneem nie en skenk ook minder aandag aan hul
- Skrotum
- Die skrotum is die sak waarin die testikels (teelballe) hang. Dit bestaan uit 'n dun huidlaag met 'n spierlagie daaronder en is deur 'n tussenskot in twee verdeel. Dit kan beskryf word as 'n uitstulping van die abdomen van vel en spier waarin die testikels rus. Die anatomiese ligging daarvan is tussen die penis en die anus. By sekere soogdiere soos die mens, raak die basis van die skrotum bedek met pubiese hare wanneer puberteit aanbreek. Die leek verwar dikwels die skrotum met die testikels. Die skrotum
- Tuberkulose
- Tuberkulose, ook genoem TB, phthisis, en tering, is 'n algemene en dodelike infektiewe siekte. Dit is verantwoordelik vir ongeveer 2–3 miljoen sterftes per jaar uit ongeveer 9–10 miljoen gevalle en kom veral voor in onderontwikkelde, tropiese lande