2013 Top Ten of Polemic for Geography

Viëtnam
Viëtnam, amptelik die Sosialistiese Republiek Viëtnam, is 'n sosialistiese republiek in Suidoos-Asië. Dit beslaan 'n oppervlakte van 331 212 km² en het 'n bevolking van 94 569 072 in 2016 gehad. Die hoofstad is sedert die hereniging van Noord- en Suid-Viëtnam in 1976 Hanoi en die grootste stad is Ho Chi Minh-stad. Van die ander nedersettings sluit in Can Tho, Da Nang, Dong Hoi, Hai Phong, My Thuy, Nha Trang en Vung Tau
Struktuurgeologie
Struktuurgeologie is die studie van die vervorming van gesteentes en gesteenteformasies deur kragte in die aardkors wat plooiing en verskuiwings meebring. Groot bergreekse soos die Himalaja en die Kaapse Plooigordel in Suid-Afrika het deur plooiing en verskuiwing ontstaan
Ou Raadsaal, Pretoria
Die Ou Raadsaal, 'n historiese gebou aan die suidelike kant van Kerkplein in Pretoria, was die Parlementsgebou van die Transvaalse Republiek aan die einde van die 19de eeu toe Paul Kruger die laaste president van die ou Boererepubliek was
Bruidsluierwaterval
Die Bruidsluierwaterval is in Mpumalanga, Suid-Afrika. Dit is 146m hoog en so genoem as gevolg van die waterval se voorkoms. Dit is net buite Sabie en is bereikbaar per motor, met 'n parkeer- en piekniekarea op SAFCOL se gronde. Vandaar loop 'n maklike voetpaadjie deur natuurskoon vir ongeveer 1.25 km direk tot by die waterval se poel
Demografie van Kenia
Daar woon 34 707 8171 mense in Kenia, waarvan sowat 3 miljoen (10%) in die hoofstad Nairobi
Imperia
Imperia was 'n Belgiese motorvervaardiger. Imperia word in 1904 deur Adrien Piedbœuf in Luik gestig. Imperia was aktief tussen 1906 en 1948
Moonlight in Vermont (lied)
"Moonlight in Vermont" is 'n trefferlied oor die Amerikaanse deelstaat Vermont
Ontdekkingsreisigers in Siberië
In die 16de eeu is Siberië geleidelik deur Rusland verower. Die Kosakleier Jermak het Siberië in 1580 met 1 636 man binnegetrek, al met die Tagil- en Toera-rivier langs. Die volgende jaar het hulle Isker, die tuiste van khan Koetsjoem van die Siberiese Khanaat verower. Koetsjoem het na die steppe gevlug en sy gebied aan Jermak afgestaan. Dié het Siberië volgens die destydse tradisie aan tsaar Iwan die Verskriklike oorhandig en so die guns van die tsaar gewen
Waterberg
Die Waterberg is 'n bergreeks in Limpopo, Suid-Afrika. Dit strek ongeveer oos vanaf Thabazimbi tot by Mokopane (Potgietersrus). Die gemiddelde hoogte van die bergreeks is 600 m met enkele pieke wat 1 400 m bo seevlak is. Vaalwater is net noord van die bergreeks
Verneukpan
Verneukpan is 'n soutpan in die provinsie Noord-Kaap, Suid-Afrika. Die soutpan is vanweë sy uitkykposte gewild onder voëlliefhebbers. Die pan is 19 by 42 kilometer groot