2013 Top Ten of Polemic for Culture
- Mite
- Die woord mite kom van die Griekse woord mythos wat oorspronklik woord of storie beteken het. Daar is baie teorieë wat probeer verduidelik waarom mense mites vertel en glo. Daar is egter konsensus dat mites simboliese verhale is wat probeer om onverklaarbare dinge op te los. Só verduidelik mites in baie gevalle die oorsprong van die wêreld, die oorsprong van kultuur en die menslike samelewing, natuurverskynsels en wat met mense gebeur wanneer hulle sterf
- Geolek
- 'n Geolek is 'n taalvariant of dialek wat gebonde is aan 'n spesifieke streek of gebied
- Ouma se slim kind
- Ouma se slim kind is 'n Afrikaanse rolprent wat op 11 Mei 2007 vrygestel is. Die regisseur was Gustav Kuhn
- Weslander
- Weslander is 'n plaaslike koerant van Vredenburg wat elke Donderdag in die munisipale gebied Saldanhabaai en op Velddrif en Laaiplek 10 631 kopieë verkoop. Dit is op 30 April 1972 gestig. Die uitgewer is Ernie Roworth en die redakteur is Helene Meisenheimer
- Othello
- The Tragœdy of Othello, The Moore of Venice is 'n tragedie deur William Shakespeare, geskryf in ongeveer 1603
- Umshumayeli Wendaba
- Umshumayeli Wendaba was die eerste koerant wat in Suid-Afrika in 'n swart taal, Xhosa, uitgegee is van 1837 tot 1841
- Clavelin
- 'n Clavelin is 'n kort vet 62 centiliter wynbottel wat tradisioneel vir die Vin Jaune wyn van die Jura département in die Franche-Comté streek, Frankryk, gebruik word. Die ongewone grootte van 62 centiliter kom ooreen met die hoeveelheid wyn wat van 'n oorspronklike liter wyn oorbly na die 6 jaar en drie maande wat die wyn in eikehout vaatjies verouder word. In die in 18de eeu het 'n familie van Château-Chalon die glassmakers van Vieille-Loyen gevra om 'n spesiale bottel vir Vin Jaune te maak. In 1914
- Hokey Pokey
- Die Hokey Pokey, soms ook bekend as die Hokey Cokey, is 'n dansie waarin verskeie individue kan deelneem. Dit het 'n kenmerkende deuntjie en lirieke. Die dansie is baie populêr in Engelssprekende lande, en veral onder jong kinders. Dit is onbekend presies hoe en waar die dansie ontstaan het. Daar is twee tradisies van die dansie wat in twee verskillende dele van die wêreld ontwikkel het
- Ur-Hamlet
- Die Ur-Hamlet is die naam gegee aan 'n toneelstuk wat nou verlore is, maar wat blyk te bestaan het voor 1589, 'n dekade voor William Shakespeare sy eie Hamlet in ongeveer 1599 geskryf het
- Rainforestation natuurpark
- Die Rainforestation natuurpark is sowat 5 minute vanaf Kuranda, Noord-Queensland in Australië geleë. Dit beslaan 'n 40 hektaar gebied te midde van die Wêrelderfenis reënwoud. Die park is in 1976 oopgemaak. Die gebied is voorheen gebruik vir die verbouïng van koffie en lemoene.
Vandag het die Rainforestation baie uitgebrei met die doel om besoekers 'n insig in die inboorlingkultuur te gee, die Australiese natuurlewe en die reënwoud wat gelys is as 'n Wêrelderfenisgebied